Verpligte uitdienstredings tref hard

Die minister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping het in die Nasionale Vergadering vrae oor verpligte uitdienstreding beantwoord.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die heersende ekonomiese krisis het swaar verliese van werkgeleenthede veroorsaak, met die klein- en groothandelsektor wat die ergste deurgeloop het.

Die konstruksiebedryf, wat veral negatief deur die krisis geraak is, het 13 persent van die totale verpligte uitdienstredings, die derde meeste in die land, opgelewer.

Dit blyk uit antwoorde wat die minister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Erkki Nghimtina, Donderdag in die Nasionale Vergadering op vrae van me. Jennifer van den Heever van die DTA verstrek het.

“Die ministerie se mandaat is om dienste te voorsien wat met arbeid- en werksgeleenthede verband hou, wat gemik is op ‘n produktiewe nasie en land waarin harmonieuse nywerheidsbetrekkinge geniet word, behoorlike werksgeleenthede bestaan en almal in diens is.

“Dit is gevolglik ‘n bron van groot kommer vir die ministerie, en inderdaad die hele regering, as daar ‘n toename in verpligte uitdienstredings is, wat beteken dat Namibiërs hul inkomste verloor. Die hoofrede vir die onlangse uitdienstredings is ekonomies van aard vanweë finansiële probleme,” het Nghimtina gesê.

Die ministerie het met verskeie inisiatiewe vorendag gekom om die kommerwekkende situasie die hoof te bied, sê hy.

Dit sluit onder meer verbeterde toepassing van arbeidswette in waarvolgens van werkgewers verwag word om ingevolge artikel 34 van die Arbeidswet van 2007 volledige besonderhede oor verpligte uitdienstredings aan die ministerie te verskaf.

Daar word ook nou met ander ministeries saamgewerk. As voorbeeld noem Nghimtina die ministerie van finansies wat bevestiging van die arbeidskommissaris vereis om te verseker dat maatskappye aan die arbeidswet voldoen alvorens belastingaanslae en vryskelding aan werksgewers uitgereik word.

Die nasionale elektroniese registrasiestelsel vir werksgeleenthede is operasioneel en volgens Nghimtina word dit toenemend deur werkers gebruik om hul beskikbaarheid vir werk aan te dui en vir werkgewers om vakatures te vul.

Op internasionale gebied werk die ministerie saam met die internasionale arbeidsorganisasie (ILO) om ‘n behoorlike werksprogram, insluitende maatskaplike veiligheidsnette, te implementeer.

“Die hoë werkloosheidvlak is ‘n ekonomiese werklikheid en die regering is op verskeie vlakke deur middel van verskillende inisiatiewe besig om dit die hoof te bied. Op ‘n makrovlak is die vyfde nasionale ontwikkelingsplan (NDP5) bekend gestel, wat werksgeleenthede as deel van die regering se prioriteite insluit. Ongelukkig het die ekonomie in die teenoorgestelde rigting beweeg, en dit het tot verpligte uitdienstredings gelei.

“Die ministerie is van mening dat met die samewerking van verskillende belanghebbendes, die land in staat sal wees om reg te kom en sodoende ‘n verdere verhoging van die hoë werkloosheidsvlak voorkom,” het Nghimtina gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!