Verpleegberoep gevier
Tanja Bause - Verpleegsters dwarsoor die wêreld het Vrydag Internasionale Verpleegsterdag gevier. Dié dag word elke jaar op 12 Mei, op Florence Nightingale, die moeder van moderne verpleegkunde, se verjaardag gevier. Suster Florida Mkoka het die dag saam met verpleegsters en verpleegstudente aan die Universiteit van Namibië (Unam) en die International Universtiy of Management (IUM) gevier. Mkoka het in 1959 verpleging in Suid-Afrika begin studeer. In 1964 het sy Namibië toe gekom om te verpleeg en op die ouderdom van 85 werk sy steeds vyf dae ’n week, agt ure ’n dag as verpleegster by PathCare-laboratorium. “Om ’n verpleegster te wees, is ’n roeping en nie net ’n werk nie,” het sy gesê. “Florence Nightingale het tussen haar pasiënte, met haar lampie in haar hande, gesterf. Sy het nooit afgetree nie, want daar is altyd mense wat ons nodig het. Dus kan ek ook nie aftree nie. Verpleegsters sterf terwyl hulle werk,” het sy gesê.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie