Vermy stakings, optogte deur gesprekvoering

16 August 2018 | Politiek
Die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement (PDM), sê hy is bekommerd oor die toename in stakings en massa-­aksie van ontevrede werknemers in die land.

Dié party het 'n beroep op werkgewers en vakbonde gedoen om gereeld met werknemers te vergader sodat teenproduktiewe optrede vermy kan word.

Mnr. Manuel Ngaringombe, die party se sekretaris-­generaal, sê gereelde en ­suksesvolle ­beraadslaging en interaksie tussen werkgewers en werk­nemers kan stakings en massa-­optrede voorkom.

Dit kan ook verhoed dat mense hul werk verloor en dat produksie by ondernemings in die slag bly.

Hy sê in 'n verklaring die PDM is bekommerd daaroor dat werkgewers in die huidige ekonomiese klimaat só op produktiwiteit fokus dat hulle maklik vergeet ­dieselfde uitdagings geld ook hul werk­nemers.

“Ons doen 'n beroep op beide partye om kennis te neem van knelpunte in die werkplek terwyl hulle aandag skenk aan winste en mense se werksbevrediging,” sê hy.

Soortgelyk

 

Afrika-lied kom tuis in Namib

21 ure gelede | Kuns en vermaak

Elvira Hattingh - Die Duits-Namibiese kunstenaar Max Siedentopf het wêreldwyd opslae gemaak met ‘n kunsinstallasie in die Namib wat Toto se bekende liedjie “Africa” oor...

CoW verloor ronde teen baas

21 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die geskorste uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad (CoW), mnr. Robert Kahimise, het 'n ronde teen sy werkgewer gewen.CoW sal waarskynlik binne...

Sowat 7 000 skeepspassasiers sak op Walvis toe

21 ure gelede | Toerisme

Geskiedenis is gister gemaak toe vier groot passasierskepe in die Walvisbaai-hawe op anker gelê het en sowat 7 000 internasionale reisigers op die hawedorp toegesak...

Herstel internet, toegang tot sosiale media in Zim

21 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Om mense in Zimbabwe die gebruik van internetdienste te ontneem, is ‘n skending van hul menseregte en benadeel die ekonomie.“Ons raam die...

Weer vir 17 Januarie 2019

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie oor die sentrale,...

Jong Namibiër maak biomediese deurbrake

21 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting - Sy twee jonger sibbe se worsteling as kinders met asma het ’n jong Namibiese ingenieur aangespoor om ’n toestel te ontwerp wat...

Lui-lui telefoon

21 ure gelede | Tegnologie

Telecom Namibia se landlyne in Windhoek was sedert Dinsdag buite werking. Mnr. Oiva Angula, Telecom Namibia se hoof van korporatiewe kommunikaise en openbare skakelwese, het...

Gedenkdiens gehou vir slagoffers van ongeluk

21 ure gelede | Plaaslik

’n Gedenkdiens vir ses van die sewe slagoffers wat onherkenbaar verbrand is tydens die ongeluk op 10 Augustus 2018, is Dinsdag op Otjiwarongo gehou. Die...

Meer as N$2 miljoen se stukkende verkeersligte

21 ure gelede | Regering

Die hoofstad se munisipaliteit het in 2018 meer as N$2 miljoen bestee om stukkende verkeersligte te herstel nadat dit in padongelukke beskadig is.Mnr. Harold Akwenye,...