Vermoorde vrou naak by Vierkantklip gevind

26 November 2020 | Misdaad
Ronelle Rademeyer - Teen laat gister was die vrae oor die lot van die 26-jarige vrou van Mondesa op Swakopmund wie se naakte lyk knap voor agtuur gisteroggend op die strand by Vierkantklip ontdek is, nog onbeantwoord.
Adj.komm. Erastus Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, sê sy is as me. Jennefer Jenneth Daniels geïdentifiseer.
Dié jong vrou, wat by ’n restaurant op die dorp werksaam was, is met veelvuldige beserings aan haar lyf gevind.
Hy sê die lyk is sowat 3 km buite Swakopmund deur ’n persoon gewaar wat op die strand gery het. Dit het sowat 100 m vanaf die teerpad gelê.
Hy sê dit wil voorkom of die lyk gedurende die nag of in die vroeë oggendure daar afgelaai is.
Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.
Iikuyu sê tydens die nadoodse ondersoek sal bepaal word of sy verkrag is.
Hy het versoek dat mense wat haar geken het of inligting het wat met die ondersoek kan help, hom by 081 246 4757 bel. Sy kollega, speur-adjudantoffisier J. Geiseb, se nommer is 081 262 9842. - [email protected]

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
2 ure gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
18 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
18 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
18 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
18 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
18 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
18 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
18 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
18 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies