Vermoorde se kêrel deur polisie gesoek

04 January 2017 | Misdaad
Die kêrel van die vrou wie se halfnaakte en gedeeltelik ontbinde lyk Sondag onder ’n brug in Khomasdal gevind is, se kêrel word gesoek om die polisie met die ondersoek te help.

Me. Brenda (Lotty) Mouton-Smith se klere was op die toneel gestrooi en die polisie het ook ’n kombers en matras gevind.

Die woordvoerder van die stadspolisie, konst. Fabien Amukwelele, het aan Nampa gesê hulle is op soek na haar kêrel om met die ondersoek te help.

“Ons is op soek na hom omdat vriende en familielede van die oorledene vermoed dat hy iets met haar moord te doen gehad het,” het Amukwelele gesê.

’n Neef van die verdagte het aan Nampa gesê Mouton-Smith en haar kêrel het saam onder die brug gebly. Hul 18 maande oue dogter woon by sy ma. Die verdagte is Saterdag om 22:00 laas gesien en word sedertdien vermis.

“Ons kan hom nie opspoor nie, maar ons het wel gehoor dat hy in Windhoek is,” het die neef gesê wat nie sy naam genoem wil hê nie.

Hy het ’n beroep op mense gedoen wat die verdagte ken of weet waar hy is, om met die polisie in verbinding te tree.

“Ons dink dit is baie snaaks dat hy skielik verdwyn het en as hy onskuldig is, moet hy vorentoe kom en verduidelik wat gebeur het om sy onskuld te bewys,” het die neef gesê.

Soortgelyk

 

Namibië se sukses intiem verbind met dié van...

2 ure gelede | Regering

Die staatshoof, pres. Hage Geingob, het vanoggend in sy Afrikadag-boodskap aan Namibiërs hulde gebring aan die rol wat die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE), voorloper van...

Aardbewing skud Kamanjab wéér

2 ure gelede | Omgewing

Kamanjab is gister (Donderdag) vir die soveelste keer die afgelope maande deur ‘n ligte aardbewing geskud.Donderdagoggend se aardbewing wat 4,6 op die Richterskaal geregistreer het,...

Hepatitis E-uitbreking in Omusatistreek

1 dag gelede | Gesondheid

Sedert gister het die Omusatistreek 45 gevalle van Hepatitis E aangeteken, waarvan 10 deur laboratoriumtoetse bevestig is. Die meerderheid van dié gevalle is uit die...

Plaasvoorman skiet glo werker dood

1 dag gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n 65-jarige plaasvoorman verskyn na verwagting vanoggend (Donderdag) in die landdroshof op Mariental op 'n klag van moord.Dít kom nadat hy glo...

RCC: Kontrak met Chinese ongeldig

1 dag gelede | Plaaslik

“Dit is aangegaan sonder die insette of goedkeuring van my as lynminister.” Mnr. John Mutorwa; Minister van Werke en Vervoer

’n Huis vir Helena

1 dag gelede | Gebeure

Maria Eiseb - ’n Skoonmaker en ma van vyf was sprakeloos toe ’n huis in die Greenwell Matongo-woonbuurt in Katutura aan haar oorhandig is.Me....

STEM EN WEN

1 dag gelede | Gebeure

Tot 1 Junie het almal een SMS-stem om die Klein Dorp van die Jaar vir 2018 aan te wys.Kies uit:EenhanaOkahaoOniipaOranjemundDie vier finaliste sal hul dorpe...

Kalender 25 Mei

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Omba-galery, in samewerking met die John Muafangejo Art Centre (JMAC) bied ’n uitstalling deur voormalige studente en jong kunstenaars aan....

'Moenie NSFAF-geld terugbetaal'

1 dag gelede | Plaaslik

Denver Kisting'n Studente-organi­sasie het gister te velde getrek teen die voorstel dat beurse van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) in lenings omskep word.Daarnaas...