'Vermiste slagoffer van dwelmmoord'

14 November 2017 | Misdaad
Francoise Steynberg



Beweerde dwelmhandel, 'n hamer as moordwapen, 'n liggaam wat deur 'n voertuig gesleep en versteek word, is van die bisarre besonderhede in 'n moordvoorval op 'n rustige Suidedorpie.

'n Man van Tses, mnr. Josef Olifant (44), wat sedert verlede Sondag vermis was, se liggaam is presies 'n week daarna tussen die dorpie en Berseba naby die Visrivier gevind. 'n Verdagte is Sondag in verband met sy moord in hegtenis geneem.

Volgens die Namibiese polisie se koör­dineerder van misdaadondersoeke in die ||Kharasstreek, adj.komm. Chrispin Mubebo, is die oorledene se ontbinde lyk Sondag by die Visrivier deur 'n verbyganger gevind wat die polisie van Tses ingelig het.

“Toe die polisie op die toneel aankom, was die oorledene se liggaam nie meer op die dieselfde plek as wat die verbyganger beskryf het nie. Die soektog is uitgebrei en die oorledene se liggaam is later op 'n ander plek versteek onder klippe gevind. Dit word vermoed dat die verdagte die liggaam verskuif en versteek het,” het Mubebo gister aan Republikein gesê.

Volgens hom is Olifant op 5 November as vermis by die polisie aangemeld en sy verlate voertuig is die volgende dag op die B1-hoofweg gevind.

Mubebo sê 'n 32-jarige man van Berseba is die afgelope Sondag in hegtenis geneem in verband met die moord op die oorledene en die verdagte het glo 'n skulderkentenis by die polisie afgelê.

“Albei mans is vermeende dwelmhandelaars op hul verskeie dorpe en hulle ken mekaar. Die verdagte het glo vir Olifant in sy huis met 'n hamer doodgeslaan. Daarna het die verdagte glo Olifant se liggaam aan sy (die oorledene) voertuig vasgebind en na die Visrivier gesleep en daar gelos,” het Mubebo gesê.

“Die verdagte het glo daarna met Olifant se voertuig na die B1-hoofweg teruggery en dit daar agtergelaat.”

Die verdagte sal vandag in die landdroshof op Keetmanshoop verskyn. Die polisieondersoek duur voort.

Inwoners van Tses en Berseba word volgens die polisie toenemend slag­offers van dwelmmisbruik omdat dié dorpe op die B1-hoofweg geleë is en maklike teikens vir dwelmhandelaars op die deurgangsroete is.

Soortgelyk

 

Man sterf op Walvisbaai-Swakopmund-pad

10 ure gelede | Ongelukke

Die 27-jarige Franico Esly Huseb is vandag omstreeks 07:30 dood, nadat die bakkie waarin hy op reis was op die pad tussen Swakopmund en Walvisbaai...

Eksamenuitslae dán bekend

10 ure gelede | Onderwys

Die voorlopige uitslae vir graad 10 (JSC) en graad 12 (NSSC) hoë vlak vir voltydse en deeltydse kandidate word aanstaande Donderdag (20 Desember) amptelik bekendgemaak....

Drie meisies verdrink in sandputte

11 ure gelede | Ongelukke

Die Namibiese polisie in die Ohangwenastreek het ‘n beroep op kontrakteurs gedoen om sandputte toe te stoot wat geskep is met die uitgrawe van sand...

1,6 miljoen toeriste besoek Namibië in 2017

12 ure gelede | Toerisme

Altesaam 2,2% meer toeriste het Namibië in 2017 as in die vorige jaar besoek met meer as 1,6 miljoen buitelandse toeriste wat die land ingestroom...

Studente betaal meer by Unam

12 ure gelede | Onderwys

Die finansiële verknorsing waarin die Universiteit van Namibië (Unam) verkeer, tesame met die algemene ekonomiese vooruitsig vir die land, het die universiteitsraad genoop om klasgelde...

Plunderwoude: Ministerie ontken ongerymdhede

23 ure gelede | Plaaslik

Elvira Hattingh - Die ministerie van landbou, water en bosbou sê die meerderheid permitte wat vir die oes en vervoer van hout uitgereik is, is...

Polisie op sy knieë

23 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, sê die land se finansiële verknorsing het die mag op sy knieë.Ndeitunga het...

Avihe-moordenaar het dalk landuit gevlug

23 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – As Avihe Cheryl Ujaha (9) nie deur iemand in haar binnekring vermoor is nie, is haar moordenaar(s) waarskynlik al landuit.Só sê die...

Weer vir 13 Desember 2018

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde buie plek-plek in die noordelike en sentrale dele. Elders sal dit sonnig en baie tot...