Vermeende verkragter pleeg selfmoord
Vermeende verkragter pleeg selfmoord

Vermeende verkragter pleeg selfmoord

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Nóg 'n vermeende kinderverkragter (30) wat op die vlug geslaan het nadat hy glo Sondag sy sesjarige niggie verkrag het, is Dinsdag gevind.

"Sy liggaam is omstreeks 17:00 deur 'n bokwagter gevind. Die verdagte het na bewering homself naby sy huis gehang," het die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, aan Nampa gesê.

Die oorledene was die oom van 'n sesjarige meisie wat haar glo Sondag tussen 13:00 en 14:00 by 'n huis in die Okatjoto-nedersetting naby Omatjete in die Erongostreek verkrag het.

"Na bewering het die ma haar dogtertjie en 'n tweejarige seuntjie in die sorg van hul oom gelos toe sy gaan kyk het hoe die konstruksie aan haar nuwe huis vorder," het die polisie gesê.

"Haar bure het haar laat weet dat haar kind bloei en toe sy by die huis kom, het haar dogtertjie vir haar vertel wat gebeur het."
Die meisie is na die hospitaal gehaas en die oom het op die vlug geslaan.

Nóg 'n vermeende kinder- en reeksverkragter, mnr. Gaven Gawanab (23) verskyn weer vanoggend in die Windhoekse landdroshof in Katutura.

Hy het ook op die vlug geslaan in die berge wes van Windhoek nadat hy glo 'n agtjarige meisie verkrag en haar geslagsdele met 'n mes gesny het, maar is gisteroggend knap na middernag in Otjomuise vasgetrek.

Hy het gister op 'n ander verkragtingsklag in die hof verskyn. - Nampa en eie berig

Op die foto is adj.komm. Erastus Iikuyu. Foto Jessica Botes

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!