Vermeende verkragter bly agter tralies

06 September 2018 | Howe
Die 31-jarige man wat glo sy stiefdogter (13) verkrag het, het Dinsdag sy tweede verskyning in die landdroshof op Rehoboth gemaak.

Landdros Desire Kamboua het die saak tot 25 September uitgestel sodat die beskuldigde (sy naam word weerhou om die meisie se identeit te beskerm) regshulp kan bekom.

Die beskuldigde is weer borgtog geweier weens die ernstige aard van die saak en omdat dit nie in openbare belang is nie. Die polisieondersoek is ook in ‘n vroeë stadium. Hy is ingelig van sy reg om formeel vir borgtog aansoek te doen.

Die beskuldigde bly in aanhouding by die Rehoboth-polisiekantoor.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die voorval Vrydag omstreeks 21:30 in Blok E plaasgevind toe die ma van die meisie nie tuis was nie.

Die beskuldigde het sy stiefdogter glo verkrag en gedreig om haar te verwurg en dood te maak.

Hy het glo aan die slaap geraak en die slagoffer kon daarin slaag om na haar tannie te vlug, wat die saak by die polisie aangemeld het.

Die aanklaer, Zibiho Hillia Munzenze, het vir die staat verskyn. – Nampa en eie berig

Soortgelyk

 

Rehoboth-tiener se saak tot Desember uitgestel

7 ure gelede | Howe

‘n Tiener wat in verband met die moord en verkragting van die 57-jarige me. Sarah Jagger aangekla is, het Dinsdag sy vierde verskyning in die...

'Menslike fout is die oorsaak van ongeluk'

23 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner op Swakopmund - 'n Meganiese fout kan nie as rede gegee word vir die gru-ongeluk op 29 Desember 2014 tussen Hentiesbaai en Swakopmund...

Kahimise se turf sit dalk

23 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) is van mening die klagtes teen sy uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, is só ernstig dat hy afgedank...

Wêreldkinderdag gevier

23 ure gelede | Gebeure

Elke jaar op 20 November word Wêreldkinderdag gevier om die aanneming van die Konvensie oor die Regte van die Kind te herdenk.Vanjaar streef Namibië se...

Icao-span sê oor oudit

23 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Die span van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (Icao) wat in die land is vir ’n veiligheidsoudit van dié waghondliggaam, het gister verduidelik wat...

Weer vir 20 November 2018

23 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Hittegolftoestande sal in die Noorde voortduur.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees...

Twee kinders sterf in brand

23 ure gelede |

Twee kinders, Katrina Immanuel (9) en haar agtjarige broer, Thomas Immanuel, het onherkenbaar verkool toe hul sinkhuis vroeg Sondagoggend in die Omdel-nedersetting by Hentiesbaai afgebrand...

Hittegolf wyk nóg nie

23 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die huidige hittegolf sal na verwagting vir die res van die week sy greep op Namibië en veral die Noorde volhou, terwyl...

Goue stem van Lüderitz

23 ure gelede | Kuns en vermaak

Tanja Bause – Christo Biewenga of ChrisB van Lüderitz beplan om vroeg volgende jaar sy derde CD vry te stel. Christo is in ’n musikale...