Vermeende veediewe se turf sit

Boere is bekommerd oor beweerde veediewe keer op keer op borgtog vrygelaat word en voortgaan met hul misdrywe.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Die Rehoboth Veemisdaadorganisasie (RLCO) het saam met die polisie verlede week 'n reusedeurbraak gemaak in 'n veediefstalsaak toe hulle nie net die waarskynlike meesterbrein vasgetrek het nie, maar ook ander wat glo herhaaldelike veediewe is.

Die nege beskuldigdes het Woensdag en Donderdag in die hof verskyn en hulle volgende verskyning is op 6 Februarie.

'n RLCO-lid, mnr. Rynault van Wyk, het gister aan Republikein gesê die Rehoboth-boerderygemeenskap loop al vir die afgelope jaar onder 'n vlaag van veediefstal deur.

“Hierdie blik wurms is nou eindelik oopgemaak deur die pas gestigte RLCO, danksy die aanvoerwerk van die wakker en uiters behulpsame mnre. Frans Fisch en Wit Piet van Wyk. Die groot paaie wat na Rehoboth lei, is nag vir nag bewaak om die aanslag op die geteisterde boere te probeer hokslaan.”

Van Wyk sê hulle kon 'n groot deurbraak in die saak maak nadat hulle inligting ontvang het van vermeende vleisdiewe wat in besit was van drie kleinveekarkasse, sebravleis en drie beeskarkasse, asook vier lewende bokke.

“Dit is deur die beskuldigde, mnr. Patrick Velskoendraer, van mnr. Bayer Olivier se plaas Areb-Noord na sy woning op Rehoboth vervoer.

“Danksy vinnige polisieoptrede en die wakker RLCO-lede, mnre. Charlton van Wyk, Wit Piet van Wyk, Frans Fisch en myself, kon ons die geheimenisse van die afgelope tyd se veediefstal openbaar.

“Tydens opgrawings rondom Velskoendraer se huis het ons op baie diere se pensmis en afval afgekom. Swaar koevoet­ysters, pangas en slagmesse is ook gevind,” het Van Wyk gesê.

“Onder die waaksame oog van die polisie en met behulp van Vel­skoendraer se getuienis op die toneel, het ons die een na die ander beesdief uitgerook.

“Ná mnr. Richard Jakobus van der Bergh (alias Riaan) ondervra is, het die spoor reguit gelei na 'n man wat plaaslik bekend is as iemand wat van mooi motors hou, mnr. Sydney Cloete, en sy neef Engelhardt Cloete.

Ander verdagtes wat in hegtenis geneem is, sluit in mnr. Harold Fliede, Moses Garagab en ene Diesel.

“Voor sononder was al die beskul­digdes agter slot en grendel. Net die beweerde meesterdraadstriksteller, Rudolf (alias Poephol) van Wyk, was nog op vrye voet,” het Van Wyk gesê.

Van Wyk sê die RCLO-boereorganisasie het nie gerus nie en aangesien hulle hul oor op die grond gehou het, was die laaste beskuldigde binne drie dae ná die ander gevang.

Van Wyk sê volgens die RCLO voer die beskuldigdes hul misdade uit met 'n wit, afgeleefde Mazda Mitch-voertuig met Swakopmund-registrasiemerke, asook 'n baie ou, ligbruin Toyota Hilux-bakkie met Windhoek-registrasiemerke.



DROOGTE ÉN VEEDIEFSTAL

Intussen het die RLCO 'n brief aan Rehoboth se landdros en staatsaanklaer geskryf en gevra daar moet opgetree word om die aanslag op die boeregemeenskap te staak.

“Ons ervaar tans droogte en kan nie terselfdertyd veediefstal die hoof bied nie. Ons vra dat julle help om gewoontemisdadigers in die tronke te hou en te keer dat dieselfde misdaad herhaaldelik gepleeg word,” lui die brief.

Van Wyk, self 'n plaasboer en afslaer, het swaar verliese onder veediefstal gely nadat 20 van sy dragtige koeie geslag is. Hy spreek sy dank uit teenoor die polisie en die wakker optrede van die RLCO, maar is nie tevrede met die regstelsel nie.

“Dit blyk dat hierdie kriminele, wat keer op keer met bitter baie moeite en onkoste gevang word en aan die howe uitgelewer word, elke keer op belaglike borgtogvoorwaardes uitkom ­– net om weer dieselfde oortredings te begaan.

“Dis 'n futiele oefening,” het Van Wyk gesê.

Hy sê hy hoop die Namibiese gemeenskap sal saamstaan en daarop aandring dat die regstelsel dringend aangepas moet word.

“Die beskuldiges kry borgtog, sonder om boere se skade in berekening te bring. Ek alleen het N$300 000 se vleisskade gely – en dan bring ek nie eens die produksiewaarde in berekening nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.98/OZ UP +1.33% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.13% | Zinc US$ 2 452.30/T DOWN -0.17% | Brent Crude Oil US$ 87.52/BBP UP +1.31% | Platinum US$ 907.32/OZ UP +1.39% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.98/OZ UP +1.33% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.13% | Zinc US$ 2 452.30/T DOWN -0.17% | Brent Crude Oil US$ 87.52/BBP UP +1.31% | Platinum US$ 907.32/OZ UP +1.39%