Vermeende stroper deur polisie gewond
Vermeende stroper deur polisie gewond

Vermeende stroper deur polisie gewond

Tanja Bause
Tanja Bause

’n Stroper is onlangs in ’n oor-en-weer-skietery met die polisie gewond. Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinspekteur Kauna Shikwambi, het die polisie inligting ontvang oor ’n olifant wat in die Bwabwata Nasionale Park gestroop is.

Met die polisie se aankoms op die toneel, het die stropers op hulle losgebrand. In die oor-en-weer-skietery tussen die polisie en die stropers, is ’n Zambiese burger in die been getref. Drie ander mans het op die vlug geslaan. Die polisie het op ’n .375-geweer, 16 patrone, ’n byl, ’n mes, ’n skroewedraaier en twee olifanttande beslag gelê. Die gewonde verdagte is in die Rundu-staatshospitaal opgeneem. Die ander drie verdagtes is nog op vrye voet. Enige persoon wat die polisie met inligting oor die vermeende stropers kan help, kan vir hoofinspekteur Agas by 081 623 5574 skakel.

Volgens die polisie se jongste misdaadverslag is ’n strydkind Saterdag om 20:00 op die B1-hoofpad doodgery. Mnr. Itope Johannes (34) het by die Mix-informele nedersetting gekuier en was op pad terug na die Ndilimani-perseel waar die strydkinders bly. Hy het oor die pad geloop en is deur ’n voertuig getref wat van Okahandja na Windhoek onderweg was. Die bestuurder het van die toneel weggejaag en word steeds deur die polisie gesoek.

In die vroeë oggendure van Sondag is die 28-jarige me. Savina Kandali Alfeus op die Monte Christo-pad doodgery. Die bestuurder het van die toneel weggejaag. Die voertuig wat aan Namibia Protection Service behoort, is later in Katutura deur die polisie by ’n paneelklopper gevind. Die bestuurder is nog nie in hegtenis geneem nie.

Volgens die verslag het mnr. Filipus Shipahu (36) beheer oor ’n klein vragmotor verloor en teen ’n huis in Havanastraat in Windhoek vasgejaag. Hy het op die toneel gesterf, terwyl sy passasier met ernstige kopwonde in die Katutura-staatshospitaal opgeneem is. Inwoners van die huis is nie in die voorval beseer nie.

’n Sedanvoertuig en ’n bakkie het in Rehoboth by die T-aansluiting tussen die Kaap Agri-vulstasie en die B1-hoofpad gebots. Die bestuurder van die sedan, mnr. Alberto Hendriks (22) is op slag dood, terwyl sy passasier en die bestuurder van die bakkie met ernstige beserings in die St. Mary’s-hospitaal op die dorp opgeneem is.

Twee voorvalle van verkragting is die naweek by die polisie aangemeld. Die eerste voorval het op die plaas Tsetsoub naby Uis plaasgevind. Volgens die polisie was ’n 42-jarige vrou saam met twee mans per donkiekar van Uis na die plaas onderweg, toe een van die mans afgespring het. Die vrou en haar vermeende verkragter (35) het verder gery. Die verdagte het na bewering die donkiekar gestop en die vrou met ’n lugpomp teen die kop geslaan. Sy het van die donkiekar afgeval waarna hy haar verkrag het. Die man wat afgespring het, het haar hoor skreeu en tot haar redding gekom.

In die Kantjinakatji-nedersetting in die Kavango-Wesstreek het ’n 19-jarige glo ’n 14-jarige meisie die bosse ingesleep en verkrag. Sy het familielede van die voorval vertel, wat die polisie ingelig het. Die jeugdige is in hegtenis geneem.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!