Vermeende skaapdief kom sy Moses teu00eb
Vermeende skaapdief kom sy Moses teu00eb

Vermeende skaapdief kom sy Moses teë

Helene Bam
Helené Bam - Verskeie boere in die Windhoek-distrik naby Rehoboth is erg onthuts ná ’n naweek van groot drama waarin ’n vermeende skaapdief danksy die vinnige optrede van hervestigingsboere in die omgewing, tydens ’n gevaarlike jaagtog vasgetrek is. Dit het egter beteken twee boere moes hul lewe waag en aan die vermeende dief se bakkie vasklou.
Mnr. Simon Mbahuma, ’n boer op die hervestigingsplaas Versailles, sê hy het onraad vermoed toe hy Saterdagmiddag ’n onbekende wit bakkie op die plaas teëgekom het. Volgens hom het die bestuurder weggejaag ná hy (Mbahuma) hom gevra het waarmee hy besig is. Volgens Mbahuma was daar bloed en ander bewyse op die toneel wat daarop aangedui het dat daar skape geslag is. Drie skape was ook agter op dié bakkie vasgemaak.
Mbahuma het besluit om die bakkie agterna te sit, maar kon die verdagte, mnr. Cliff Fisch (55), egter ná sowat 21 km en verskeie geknipte drade nie vastrek nie. Mbahunma het toe besluit om vir mnr. Ulli Bräuer, ’n boer op die aangrensende plaas Kous, in kennis te stel. Die polisie op Rehoboth is gekontak waarna hulle Fisch by ’n padblokkade naby die Rehobothstasie vasgekeer het. Fisch het na bewering sy drie medepligtiges in die veld afgelaai voor hy by die padblokkade aangekom het.
Die polisiebeamptes in hul voertuig het saam met Fisch, wat self sy bakkie bestuur het, na die omgewing van die misdaadtoneel gery.
Dit was in die hoop om meer duidelikheid oor die middag se gebeure te kry.
Bräuer en sy vrou, Angelika, het met hul aankoms vir Fisch deur sy bakkie se oop venster gekonfronteer en ook die voertuig se sleutels uit die aansitter probeer haal. Fisch het toe glo probeer wegjaag. Mnr. Rainer Ling, boer van die plaas Cowdray, het tydens die voorval aan die ander kant van die bakkie gestaan.
Ling verduidelik hy het met die verdagte se wegkomslag langs die bakkie gehardloop en aan die vensterraam probeer vashou toe die bakkie vinniger begin beweeg het. Met die momentum van die voertuig is hy sowat 30 m ver gesleep.
“Jy beter los, want hier gaan jy seerkry. Ek gaan jou doodmaak,” het Fisch na bewering deur die venster vir Ling geskree.
Toe Ling nie langer kon vashou nie, het hy op die grond neergeval en in die proses drie spiere in sy skouer geskeur.
Bräuer het tydens die drama aan die tralies agter op die bakkie vasgehou en homself op die bak van die bakkie opgetrek. Fisch het sowat 100 m verder gejaag met Bräuer agter op die bak, waarna hy (Fisch) glo deur Ling en Bräuer se vrou gestop is toe hulle voor hom in die pad met twee voertuie stilgehou het.
Toe Fisch glo in die teenoorgestelde rigting probeer vlug het, het Ling ’n skoot op die bakkie se band afgevuur ná hy geskree het “stop, of ek skiet!”.
Fisch het toe sowat 2,5 km verder gery voor hy deur polisiebeamptes voorgekeer is. Twee vuurwapens en ’n assegaai is in die voertuig gevind. Alhoewel die vuurwapens geregistreer is, is dit egter nie in Fisch se naam nie.
Hy het Dinsdag in die hof op Dordabis op ses klagte van veediefstal en kwaadwillige beskadiging van eiendom verskyn. Die saak is tot 28 Junie uitgestel.
Dit is nie net die kommersiële boere in die gebied wat onder veediefstal deurloop nie. Boere van die nabye hervestigingsplaas sit ook met hul hande in hul hare oor hul vee wat gesteel word. Volgens inwoners van Versailles het hulle al sowat 40 skape in die afgelope vier maande verloor.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.95/OZ DOWN -0.0032 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 88.01/BBP DOWN -0.0037 | Platinum US$ 901.53/OZ DOWN -0.0092 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.95/OZ DOWN -0.0032 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 88.01/BBP DOWN -0.0037 | Platinum US$ 901.53/OZ DOWN -0.0092