Vermeende siekbriefbedrieër bly vir eers in aanhouding
Adolf Kaure - 'n Werknemer van Rössing Uranium, wat Maandag op klagte van diefstal en bedrog in die landdroshof op Swakopmund verskyn het, bly in aanhouding.
Die beskuldigde, mnr. Erich Kanyetu (32), het na bewering stempels van verskeie dokters gesteel en dit gebruik om siekverlofbriewe mee uit te reik.
Sy regsverteenwoordiger, mnr. Monty Karuaihe, het gesê sy kliënt is 'n goeie kandidaat vir borgtog omdat hy vir Rössing Uranium werk en na sy familie moet omsien.
“Dit is een van die sake waar borgtog nie geweier kan word nie,” het Karuaihe gesê.
Die staatsaanklaer, me. Latoya Katjitundu, het borgtog teengestaan uit vrees dat die beskuldigde met die ondersoek kan inmeng wat nog in 'n vroeë stadium is.
Landdros Conchita Olivier was dit eens dat dit 'n ernstige saak is, maar het gesê die verdediging kan formeel vir borgtog aansoek doen.
Die koördineerder vir misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, het gesê die beskuldigde het glo siekverlofbriewe aan inwoners van Swakopmund teen N$300 elk uitgereik.
"Hy het glo voorskrifte met briefhoofde van drie verskillende private dokters op Swakopmund sonder hul medewete gevat en siekverlof aan hotel- en mynwerknemers toegestaan," het Iikuyu gesê.
"Sommige van die ongebruikte doktersvoorskrifte met briefhoode is in Karuaihe se huis in Mondesa gevind."
Iikuyu doen 'n beroep op almal wat siekverlofbriewe van die beskuldigde ontvang het om vir speurinsp. Rosa Tjihavero by 081 413 7105 of speursers. Samuel Auchab by 081 276 6844 te kontak.
Die saak is tot 11 April vir verdere ondersoek uitgestel.
Kanyetu bly in aanhouding in Swakopmund se polisieselle.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie