Vermeende selfmoordbomaanvaller geskiet
In die jongste poging om terreur in die hart van Europa te saai, is die aanvaller geskiet sonder dat enige pendelaars op Brussel se stasie beseer is.
Belgiese soldate het Dinsdag ’n vermeende selfmoordbomaanvaller buite Brussel se Central-stasie geskiet.
Die aanvaller is gister (Woensdag) as ‘n 36-jarige Marokkaanse burger geïdentifiseer. Hy het nie ‘n geskiedenis as terreurverdagte gehad nie, het ‘n staatsaanklaer gesê.
Eric Van der Sypt het ‘n nuuskonferensie meegedeel dat die man se voorletters O.Z. is en dat sy huis in Brussel se Molenbeek-distrik deursoek is. Hy sê die man het nie ‘n selfmoordgordel aangehad nie.
Volgens Van der Sypt het die aanvaller die stasie binnegaan en twee keer groepe van ongeveer tien mense genader. Die tweede keer het hy tussen hulle gaan staan.
"Hy het sy tas gegryp terwyl hy geskree het en ‘n gedeeltelike ontploffing veroorsaak het. Gelukkig is niemand beseer nie.
"Die tas het onmiddellik aan die brand geraak. Die man het sy bagasie wat gebrand het daar gelos en na ‘n platform op die stasie gegaan, opsoek na die stasiemeester. Die tas het vir ‘n tweede keer ontplof, hierdie keer met meer mag. Die tas het spykers en gasbottels bevat.
"Die man het toe na die saal teruggekeer waar hy op ‘n soldaat afgestorm het terwyl hy 'Allahu Akbar' (God is groot in Arabies) geskree het. Die soldaat het onmiddellik op hom losgebrand en hom verskeie kere getref,” het Van der Sypt gesê.
’n Polisiewoordvoerder het gesê niemand anders is in die voorval beseer nie en die toneel is onder beheer.
’n Staatsaanklaer het aan die DH-koerant gesê hulle ondersoek of die voorval ’n terroristeaanval was.
Die treinstasie en omliggende gebied is afgesper. Volgens ooggetuies is die aangrensende middestad, wat stampvol toeriste was, na die gefnuikte aanval ontruim.
Brandweerwoordvoerder Pierre Meys het aan die RTL-televisiekanaal gesê die brandweer was kort na die voorval op die toneel.
Die stad is op hoë vlakke van gereedheid sedert ’n bomaanval deur die Islamitiese Staat in Maart verlede jaar op die stad se lughawe en trein waarin 32 mense dood is.
Charles Michel, die land se eerste minister, het aan mense op Twitter gesê om die owerhede se instruksies te gehoorsaam. Netwerk24/AP/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie