Vermeende rower slaan glo babaseun teen muur
Vermeende rower slaan glo babaseun teen muur

Vermeende rower slaan glo babaseun teen muur

Gewelddadige rooftogte op die gewilde kusdorp het binne twee maande met meer as 60% toegeneem.
Jessica Botes
Jessica Botes - 'n Vrou en haar tweelingbabas was gister die slagoffers van 'n gewelddadige rooftog op Swakopmund.

Die vermeende rower het glo om 03:50 'n aluminiumvenster van die huis in Leadwoodstraat, Vineta, verwyder, die deur van binne oopgesluit en die vrou in haar kamer gaan wakker maak.

Volgens 'n lid van Swakopmund se buurtwag het die rower die vrou aan haar nek gegryp en rondgepluk.

Hy het toe glo een van die babas, wat in sy wiegie geslaap het, “soos 'n pop gegryp”, hom teen die muur geslaan en hom toe weer in sy wiegie gegooi.

“Hy het die vrou toe weer aan haar nek gegryp en haar langs die bed neergepluk. Daarna het hy goed op haar spieëlkas uitgepak en vir haar gesê as sy dit waag om die alarm of die paniekknoppie te druk, sal hy haar doodmaak.”

Die vrou was alleen by die huis, omdat haar man gaan werk het.

Die buurtwag het om 04:00 haar noodoproep ontvang en is onmiddellik na die toneel.

“Toe ons daar aankom was die rower reeds weg. Hy het 'n skootrekenaar, geld en die vrou se handsak gesteel. Ons het die handsak buite die huis gekry waar die rower dit gelos het nadat hy dit deursoek het.”

Lede van die buurtwag het saam met lede van die Namibiese polisie die vermeende rower se spore gevolg tot na 06:00 die oggend, maar dit was op 'n stadium nie meer sigbaar nie.

Nooddienste is na die toneel ontbied om mediese hulp te verleen aan die vrou wat aan ernstige skok gely het.

“Ek het self met haar probeer praat en haar probeer kalmeer, maar sy kon nie 'n woord uitkry nie. Sy het net gehuil en kort-kort haar bewussyn verloor. Sy is na 'n hospitaal op Swakopmund geneem vir mediese behandeling.”

Die baba het geen ernstige beserings opgedoen nie.

Volgens die lid van die buurtwag het soortgelyke gevalle van geweld­dadige rooftogte op Swakopmund oor die ­afgelope twee maande met ­minstens 60% gestyg.

“Daar is baie meer inbrake as in die verlede. Dit het veral in Kramersdorf en Ocean View baie erg geword. Die rowers vat al hoe meer kanse. Hulle teiken nuwe huise, omdat dit maklik is om aluminiumvensters uit te haal.

“Die buurtwag sukkel om by te hou. Ons ledetal het baie verminder en ons kan nie meer, soos in die verlede, deurnagpatrollies doen nie.”

Hierdie voorval volg kort op die hakke van 'n gewapende rooftog wat op 16 Februarie by 'n gastehuis in Kramersdorf plaas­gevind het. Vier gewapende mans het na bewering om 21:00 die bejaarde eienaars van die gastehuis en drie van hul gaste oorval.

Hulle het glo oor 'n muur gespring om toegang tot die huis te kry. Hulle het eerste op die vrou wat alleen op die stoep gesit het, afgekom.

Die rowers het na bewering vir haar gevra om vir hulle geld te gee en toe haar man in die kombuis vasgekeer. Die verdagtes het die slag­offers na bewering in die badkamer aangehou en hulle aangerand.

Hulle het glo die vrou se juwele gevat en toe haar man met 'n geweer teen die kop geslaan en geëis dat hy die kluis se sleutel vir hulle gee. Hulle het die man glo aanhou slaan tot hy nie meer beweeg het nie. Daarna het hulle na bewering weggekom met geld en ander waardevolle items wat in die kluis was, asook twee vuurwapens.

Vier mans is kort na die voorval op Swakopmund deur die polisie in hegtenis geneem. Hulle is egter kort daarna weer vrygelaat, omdat daar glo nie genoeg bewyse was om hulle aan te hou nie.

Die slagoffers se name word weerhou omdat die verdagtes nog nie in hegtenis geneem is nie.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 220.46/OZ UP +1.36% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.58/BBP UP +1.38% | Platinum US$ 907.38/OZ UP +1.40% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 220.46/OZ UP +1.36% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.58/BBP UP +1.38% | Platinum US$ 907.38/OZ UP +1.40%