Vermeende renosterstroper daag nie op by hof
Vermeende renosterstroper daag nie op by hof

Vermeende renosterstroper daag nie op by hof

Francoise Steynberg
'n Chinese man wat in Januarie met twee renosterhorings in sy besit in hegtenis geneem is, het op die vlug geslaan.

Mnr. Chen Nan (29) wat op borgtog van N$300 000 vrygelaat is, moes vandag weer in die Windhoekse landdroshof verskyn. Hy het nie opgedaag nie. Sy regsverteenwoordiger, mnr. Kadhila Amoomo, het ook nie geweet waar sy kliënt hom bevind nie.

Weens Chen se afwesigheid in die hof, is 'n lasbrief vir sy inhegtenisneming dadelik uitgereik. Sy borgtoggeld is aan die staat verbeur verklaar, tensy hy vir die volgende hofverskyning op 5 Julie opdaag .

Nan se medebeskuldigde en landgenoot, mnr. Lu Yongui (41), was vandag by die hof teenwoordig saam met sy regsverteenwoordiger, mrn. Mbushandje Ntinda.

Die twee Chinese is op 19 Januarie tydens 'n polisieklopjag met twee renosterhorings en 'n haelgeweer in hul besit by Berghof Court in die Eros-woonbuurt in die hoofstad in hegtenis geneem. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!