Vermeende moordenaar ontken skuld
Beskuldigde sal verweer tydens verhoor bekend maak.
Jacqueline Louw
Mnr. Piet Nakanene (31) staan tereg op twee klagte van huisbraak met die doel om te verkrag, twee klagte van poging tot moord, klagte van poging tot verkragting, 'n moordklag sowel as 'n klag van dwarsboming van die gereg.
Hy het eergister voor regter Dinnah Usiku onskuldig op al dié klagte in Windhoek se hoërhof gepleit.
Nakanene se prokureur, mnr. Mpokiseng Dube, het gesê sy kliënt het besluit om te swyg en dat sy verweer tydens die verhoor bekend gemaak sal word.
Die staat beweer in die klagstaat die beskuldigde het op 2 September 2006 die deur van 'n vrou in Kuisebmond in Walvisbaai oopgeskop en haar probeer verkrag.
Die klagstaat meld ook twee ander klagte van verkragting van twee verskillende vrouens. Nakanene het beide na bewering gewurg.
Hy word ook daarvan beskuldig dat hy die 29-jarige me. Benedine Letesia Baumgarten tussen 12 en 13 Maart 2014 verkrag en vermoor het.
Die staat beweer in die klagstaat dat Nakanene vir Baumgarten in die kamer waar hy gebly het, verkrag het en haar daarna gewurg het tot sy gesterf het.
Hy word ook daarvan beskuldig dat hy die getuienis van die moord wou wegsteek deur die liggaam in die duine by Walvisbaai af te laai.
Nakanene het na bewering die werf van die huis waar hy gewoon het, gehark.
Volgens getuienis het spore vanaf die plek waar die liggaam gevind is, na 'n asdrom by 'n huis in Kuisebmond gelei.
Die asdrom is glo by 'n ander huis in die area gevat.
Die verhoor sal vandag voortgaan.
Nakanene bly intussen in aanhouding.
Adjunk aanklaer-generaal, Innocentia Nyoni, tree namens die staat op.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie