Vermeende moordenaar onskuldig
Vermeende moordenaar onskuldig

Vermeende moordenaar onskuldig

Een van die twee mans wat van die moord en verkragting op 'n tienermeisie aangekla is, is op 15 Maart in Windhoek se hoërhof vrygespreek.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw



Mnr. Dimitri Narimab (29) is eergister deur regter Boas Usiku onskuldig bevind op 'n klag van moord en verkragting van 'n jong meisie in 'n woonbuurt in Katutura bykans vier jaar gelede. 'n Klag van roof met verswarende omstandighede, sowel as 'n klag van dwars­boming van die gereg het Narimab ook in die gesig gestaar.

Regter Usiku het bevind daar is geen getuienis voor die hof op grond waarvan Narimab skuldig bevind kan word nie.

Nadat die staat sy saak teen Narimab en medebeskuldigde, Ruben Fritz (22), gesluit het, was daar geen direkte of omstandigheidsgetuienis wat Narimab aan die moord en verkragting van 'n 18-jarige tienermeisie gedurende die nag van 28 Maart 2013 kon verbind nie.

Mnr. Mbanga Siyomunji, Narimab se regsverteenwoordiger, het ná die sluiting van die staat se saak 'n aansoek in terme van artikel 174 van die Strafproseswet by die hof ingedien vir die ontslag van sy kliënt.

Regter Usiku het in sy uitspraak genoem daar was geen getuienis wat Narimab op die toneel van die misdaad kon plaas nie, of wat kon bepaal dat hy bewus daarvan was dat 'n misdaad gepleeg is nie of dat hy in besit van enige item was wat hom met die misdaad kon verbind nie.

Wat Fritz betref het sy moeder, me. Hester Sisamu, twee weke gelede gedurende kruisverhoor aan die hof vertel dat haar seun haar meegedeel het dat hy iemand vermoor het.

Dit was die staat se saak dat Fritz en Narimab 'n tienermeisie gedurende die nag van 28 Maart en in die vroeë oggendure van 29 Maart na 'n beboste area tussen die Shandumbala-woonbuurt in Katutura en die Westelike Verbypad geneem het waar hulle haar om die beurt verkrag het. Volgens die staat het hulle haar daarna vermoor deur haar te verwurg en haar met 'n rots teen die kop te slaan waar sy op die toneel aan erge kopbeserings beswyk het. Die staat het verder beweer dat hulle die oorledene ook van haar selfoon en klere beroof het.

Volgens getuienis wat vroeër hierdie maand in die hof gelewer is, stem Fritz se DNA-profiel ooreen met DNA-monsters wat in die oorledene se liggaam gevind is, terwyl geen DNA-monsters wat Narimab impliseer, op die misdaadtoneel gevind is nie.

Staatsadvokaat Ethel Ndlovu tree namens die staat op.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!