Vermeende meisiemoordenaar in hof
Die man van Outjo wat na bewering sy meisie met ‘n mes gesteek en haar die volgende dag in haar hospitaalbed vermoor het, het sy eerste verskyning vandag in die Windhoekse hoërhof gemaak.
Mnr. Hendrik Nowoseb (25) word daarvan beskuldig dat hy op Saterdagaand 6 Desember 2014 sy meisie, me. Wilhelmina Tsauses (19), met 'n mes op haar kop, nek en linkerarm by haar huis in Etoshapoort gesteek en gevlug het.
Die polisie het vir Tsauses na die Outjo-staatshospitaal geneem.
Die volgende dag omstreeks 15:30 het Nowoseb glo vir Tsauses in die hospitaal tydens besoekure besoek en haar met ‘n slagmes in die bors gesteek.
Die verpleegpersoneel het haar gekry waar sy weens die vars, diep wonde in haar bors gebloei het en sy is kort daarna oorlede.
Noweseb is later die dag in hegtenis geneem waar hy in die bosse agter Etoshapoort weggekruip het.
Nowosesb het voor regter Naomi Shivute tydens ‘n voorverhoor-konferensie verskyn. Die saak is tot 22 Junie uitgestel. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie