Vermeende kokau00efenhandelaars in hof
Vermeende kokau00efenhandelaars in hof

Vermeende kokaïenhandelaars in hof

Otis Finck
Otis Finck op Walvisbaai - Die twee mans wat in verband met vermoedelik ’n reusekokaïenvonds op Walvisbaai aangekeer is, het gister in die landdroshof op dié dorp verskyn.

Mnre. Grant Noble (36) en Dinath Azhar (62) het voor landdros Vicky Nicolaides op aanklag van handeldryf in kokaïen verskyn. Nicolaides het die saak vir verdere polisieondersoek tot 20 September vanjaar uitgestel.

Die staatsaanklaer, me. Tresia Hafeni, het borgtog teengestaan, omdat die mans teregstaan op ’n beweerde oorgrensoortreding en omdat die ondersoek nog voortduur.

In antwoord op ’n vraag van sy pa, mnr. Gavin Noble, wat die verrigtinge bygewoon het, het Grant Noble gesê dit gaan goed met hom.

Die beskuldigdes word onderskeidelik deur mnre. Jan Wessels and Marinus Scholtz verteenwoordig.

Ná afloop van die hofverskyning het Gavin aan die media gesê hy gaan ’n regsgeding teen ’n weekblad aanhangig maak.

Dít kom nadat hy op sosiale media by die dwelmvonds betrek is. “Ek is ’n Christen en baie ongelukkig. Ek het die inskrywing op sosiale media gesien en my prokureur gespreek. Die feit dat die name van die beskuldigdes bekend gemaak is (voor hul hofverskyning) is ook problematies.”

Die polisie en doeanebeamptes het verlede naweek ’n vraghouer by die hawe onderskep wat vermoedelik kokaïen met ’n gewig van 412 kg ter waarde van N$206 miljoen bevat het.

Adj.komm. Erastus Iikuyu van die polisie in die Erongostreek het vroeër gesê die vraghouers het op 9 Junie via Suid-Afrika uit Brasilië in Namibië aangekom.

Die owerhede het ’n wakende oog oor die verdagte houer gehou tot die twee mans dit Vrydag kom opeis het.

Toe Noble en Azhar Vrydag hul opwagting maak, is die houer in hul teenwoordigheid oopgemaak. Hulle is op die toneel aangekeer.

Iikuyu het gesê laboratoriumtoetse om die inhoud van die houers te bevestig, kan ’n geruime tyd duur.

Noble is ’n Namibiër, wat in Narraville op Walvisbaai woon, terwyl Azhar ’n Suid-Afrikaner is wat na verneem word op Langstrand woon.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!