Vermeende hokaairoeper kry borgtog

03 July 2019 | Howe
Denver Kisting – Die man wat glo korrupsie binne die regbank wou blootstel en toe self in die pekel beland het, het borgtog gekry.

Die landdros, mnr. Linus Samunzala, het gisteroggend borgtog van N$1 000 toegestaan.

Hy mag nie met staatsgetuies of die ondersoek inmeng nie en moet die ondersoekbeampte verwittig as hy die Windhoek-distrik wil verlaat, het die hof gelas.

Die werknemer van die regbank voer aan hy wou korrupsie oopvlek, maar is toe weens die beweerde diefstal van inligting, intimidasie en aanranding deur ’n dreigement aangekeer.

Omdat die staat borgtog teengestaan het, moes hy formeel hierom aansoek doen.

Die saak is intussen gister vir verdere polisieondersoek uitgestel tot 19 Augustus vanjaar.

Mnr. Trevor Brockerhoff het hom tydens die aansoek om borgtog verteenwoordig terwyl me. Bernadine Bertolini en adjunk-aanklaer-generaal Karin Esterhuizen namens die staat opgetree het.

Soortgelyk

 

Voortrekker: “Namibië nie ’n desperate land”

10 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - ‘n Wêreldbekende omgewingsaktivis het nou ook sy stem by die oproer oor die skietdood van Namibië se ikoniese ou olifantbul, Voortrekker, gevoeg,...

Dís hoekom amptenare nie verhogings kry

10 ure gelede | Arbeid

Elvira Hattingh - Dit sal onverantwoordelik wees indien die regering salarisverhogings aan staatsamptenare toestaan kort ná ‘n noodtoestand weens droogte aankondig is en burgers vir...

Nadja Namibië se mooiste

10 ure gelede | In beeld

Mej. Namibie 2019, Nadja Breytenbach (middel), is Saterdagaand tydens ’n glansgeleentheid in die hoofstad gekroon. Haar eerste prinses is Julita-Kitwe Mbangula (links) en Johanna Swartbooi...

Weer vir 8 Julie

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, Ooste en Sentrale gedeeltes, andersins sonnig en warm tot baie warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm...

/Khowese kry nuwe hoofman

10 ure gelede |

Mnr. Hendrik Ismael Witbooi is Saterdag by die Gibeon-nedersetting in die Hardapstreek as die /Khowese(Witbooi)-stam se negende hoofman (gaob) aangewys. Ismael volg die ontslape hoofman...

D-Dag vir Katrina

10 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, hoor na verwagting vandag of die hoërhof reken sy is skuldig aan...

Vrae oor RCC-salarisse

10 ure gelede | Vervoer

Augetto Graig en Ogone Tlhage - Byna 400 werknemers van die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) wag in spanning om te hoor of hulle vadeesmaand betaal gaan word....

Die jeug is Namibië se grootste hulpbron

10 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtNamibië se jeugdige bevolking is die land se grootste hulpbron. Sou dié hulpbron nie doeltreffend ondersteun word nie, laat dit reusegapings in die produktiewe...

Dit raak warmer én kouer

10 ure gelede | Weer

Die European Centre for Medium-Range Weather Forecasts (ECMWF) sê die afgelope Junie was die warmste wêreldwyd sedert 1979. Volgens dié weerkundiges was wêreldwye temperature vir...