Vermeende gemsbokstroper gewond
'n Vermeende gemsbokstroper is Donderdag op 'n plaas in die Omaruru-distrik in die been gewond.
Volgens die Namibiese polisie is 'n 49-jarige man omstreeks 17:00 Donderdag op die plaas Ondongandje in hegtenis geneem terwyl twee ander verdagtes op die vlug geslaan het.
"Twee polisiereserviste wat besig was met patrollies het 'n oproep ontvang dat voetspore van verdagte stropers op dié plaas gekry is. Hulle het die voetspore gevolg en op die toneel afgekom waar twee gemsbokke geslag is. Daarna het hulle drie mans op heterdaad betrap terwyl hulle die vleis oor drade gehang het," lui die Namibiese polisie se misdaadverslag.
"Toe die verdagtes die reserviste sien, het hulle op die vlug geslaan. Die reserviste het hulle gejaag en een van hulle het na bewering gestop en begin om klippe na hulle te gooi."
Volgens die polisie het die reserviste verskeie waarskuwingskote afgevuur, maar dit is geïgnoreer. Een van die verdagtes is in sy regterbeen gewond.
"Hy is na die Omaruru-staatshospitaal geneem en is in 'n stabiele toestand onder polisiebewaking. Die ander twee verdagtes wat ontsnap het, is goed bekend aan die polisie."
Die twee gemsbokkarkasse ter waarde van N$10 000 is gekry en die polisieondersoek duur voort.
Die foto van die gemsbokkarkas is verskaf en ter illustrasie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie