Vermeende dwelmhandelaar steek polisieman dood
'n Vermeende dwelmhandelaar het na bewering Maandagmiddag 'n 38-jarige polisieman op Grootfontein met 'n skroewedraaier doodgesteek.
Die voorval het plaasgevind toe die polisieman na bewering besig was om 'n huis op die dorp vir dagga te deursoek, berig Nampa. 'n 17-jarige tiener was saam met hom in die huis toe hy aangeval is.
Die vermeende moordenaar is vroeër vanoggend (Dinsdag) deur die polisie in hegtenis geneem.
Die oorledene se naam is nog nie bekend gemaak nie, aangesien sy naasbestaandes nog nie almal van sy dood in kennis gestel is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie