Vermeende dronkbestuurder kry N$4 000-borgtog

28 February 2018 | Howe
Francoise Steynberg - Die bestuurder van die voertuig wat Sondagmiddag in die Northgate Shell-vulstasie­winkel op Otjiwarongo ingeploeg en konsternasie veroorsaak het, is gister tydens sy eerste verskyning in dié Noorde-dorp se landdroshof borgtog van N$4 000 toegestaan.

Mnr. Clinton Denzel Gowaseb (21) het op klagte van dronkbestuur, roekelose en nalatige bestuur, asook bestuur sonder 'n rybewys verskyn.

Landdros Eduard Kesslau het die saak tot 28 Mei vir verdere ondersoek uitgestel. Me. Anna Amukugo het vir die staat verskyn.

Twee mense – 'n petroljoggie en 'n kliënt van die vulstasie - is in die ongeluk beseer en die glasvoordeur is aan skerwe. Gowaseb en sy manlike passasier is ongedeerd.

Die beskuldigde het volgens die Namibiese polisie se asemtoets 0,74 mg alkohol in sy liggaam gehad, wat ver bo die toegelate ­alkoholvlak van 0,37 mg is, het 'n polisiewoordvoerder gesê.

“Die bestuurder was so dronk, hy kon nie eers uit die kar klim nie,” het 'n ooggetuie gesê.

Die eienaar van die Northgate Shell-vulstasie in dr. Hage Geingob­straat, mnr. James Tromp, het gister aan Republikein gesê hy is nog besig met die evaluering van die skade, maar hy bereken dit op meer as N$50 000.

Videomateriaal van die kringtelevisiekameras wat op sosiale media versprei is, het groot reaksie ontlok.

Soortgelyk

 

Tsumeb-Otavi railway line upgraded to SADC standard

22 ure gelede | Infrastruktuur

TSUMEB - The upgrading of the railway line between Tsumeb and Otavi to the Southern African Development Community (SADC) standard has been completed by the...

Geingob erken ellende

22 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Hoewel baie reeds volgens hom gedoen is om die land te verbeter, word baie meer benodig, sê pres. Hage Geingob.Tydens die herdenking...

Droogtehulp, maar nog nie noodtoestand

22 ure gelede |

Ronelle Rademeyer - Droogtehulp in die vorm van ’n bystandsplan van N$572,7 miljoen gaan in die nuwe boekjaar aangewend word om vee- en graanboere se...

Kalender 22 Maart

22 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Kosie Beukes, Die Ventertjies, Heidi en Pieter Mohr is tans op ’n Namibiese toer en tree vanaand by die Duitse klub...

Katrina-verhoor in die pylvak

22 ure gelede | Howe

Denver Kisting - Die staat sal na verwagting nog twee getuies roep voor hy sy saak teen me. Katrina Hanse-Himarwa sluit.Die verhoor, waarin dié oudgoewerneur...

Weer

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie plek-plek....

Alle grappies op ‘n verhoog

22 ure gelede | Kuns en vermaak

NAM Comedy Circle vind elke laaste Woensdag van die maand by die Hilton Kalabar plaas en bied dié keer 'n kritiese blik op Namibië 29...

Dié siener is ‘die ware Jakob’

22 ure gelede | Kuns en vermaak

Die heldersiende Gerald Burger, wat jare gelede in die kol was oor die Laingsburg-vloede van 25 Januarie 1981, is van 24 April af deel van...

Ouderdom, siekte red bejaarde van tronkstraf

22 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Hans Peter Rothen (73) se ouderdom en sy bedenklike gesondheid het hom van ’n vonnis agter tralies gered.Regter Naomi Shivute het Rothen...