Vermeende dieremishandelaars in landdroshof op Outapi

Nog 'n verdagte gesoek

02 May 2019 | Misdaad
Elvira Hattingh



Die man wat daarvan beskuldig word dat hy 'n hond by die Ombadje-­nedersetting gehang het nadat die hond glo hoenders gevang het, asook 'n mede­beskuldigde wat 'n video daarvan gemaak het, sal weer op 17 Junie in die ­Outapi-landdroshof verskyn.

Mnr. Gabriel Ndipulalye, die man wat die hond na bewering gewurg het, en sy “kameraman” (naam) het Maandag hul eerste verskyning in die landdroshof gemaak. Hul saak is toe vir verdere ondersoek uitgestel en sodat die beskuldigdes regshulp kan kry.



HOND GEHANG

Hulle is vrygelaat op voorwaarde dat hulle die streek nie mag verlaat sonder om die aanklaer daarvan te verwittig nie.

Dit volg nadat 'n video wyd in sosiale media versprei is van 'n man in die ­Ombadje-nedersetting naby Okalongo, wat 'n hond met 'n tou om die nek wurg en die tou tussen twee regop planke deurtrek en die hond sodoende hang.

Op die video kan gesien word hoe hy die tou deurgaans stywer trek.

'n Tweede man maak 'n video daarvan en vind dit skynbaar vermaaklik.

Die twee mans is aangekeer nadat Oshana se Dierebeskermingsvereniging (DBV) 'n beloning van N$10 000 uitgeloof het vir inligting wat tot die ­inhegtenisname van die beweerde wets­oortreders lei.

Intussen het iemand met die nodige inligting na vore gekom.

Die DBV het ook hul dankbaarheid teenoor die Namibiese polisie uit­gespreek, wat vinnig en flink opgetree het om die twee beskuldigdes te vang.

In 'n soortgelyke, maar onverwante geval het die Oshana DBV nog 'n beloning van N$10 000 beloof indien enige iemand inligting kan bied wat tot die suksesvolle inhegtenisname lei van 'n man op Outapi wat 'n hond met die steel van 'n byl doodslaan.

Video's en foto's van dié voorval is ook wyd in sosiale media versprei. Enigiemand wat met die saak of die identifikasie van die beweerde oortreder kan help, word versoek om 081 2268 689 te skakel.

Sekere Facebook-gebruikers het kapsie teen die vervolging van die vermeende dieremishandelaars gemaak en gesê dit is “tradisionele wet” om 'n hond dood te maak wat 'n mens, bok of hoender byt.



HOND DOODGESLAAN

Die persoon het gesê in die geval van die hond wat op Outapi doodgeslaan is, is 'n mens gebyt, wat steeds mediese ­behandeling ontvang.

Nog ander gebruikers het gevra tradisionele gebruike moet beskerm word, terwyl verskeie Facebook-gebruikers hul skok en afsku oor die voorvalle ­uitgespreek het.

Die DBV sê die mishandeling van 'n hond of enige ander dier is 'n strafregtelike oortreding, en 'n oortreding van die Wet op Dierebeskerming 71 van 1962.

Die DBV sê so 'n oortreding kan tot ­gevangenisstraf lei en enige ­kulturele of tradisionele praktyk wat dit toelaat, is teenstrydig met Namibiese wet­gewing.

Soortgelyk

 

'n Seder val in Swapo

9 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

9 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

9 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

9 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

9 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...

Water: Hou rekord van elke druppel

9 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh - Tot 90% van die water in Windhoek wat onnodig weens lekkasies of buitensporige waterverbruik verlore gaan, sou gespaar kon word indien huishoudings...

Semifinalis onttrek aan Mej. Namibië

9 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - 'n Semifinalis in die Mej. Namibië 2019-kompetisie, ­Michelle Pretorius, het aan die geleentheid onttrek. Volgens haar ma, me. Anke Pretorius, het Michelle...

'Millenniërs werk anders'

9 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig - Werkloosheid onder die jeug is 'n nasionale krisis wat op alle vlakke, nie net deur die regering nie, dringend aangespreek moet word....