Vermeende bedrieër se pensioen ‘gevries’
Die beskuldigde het onder meer toelae en bonusse na bewering aan personeellede oorbetaal om haarself te verryk.
Jacqueline Louw – Die hoërhof in Windhoek het die afgelope Donderdag beveel dat ’n voormalige rekenkundige klerk se pensioen- en verlofvoordele voorlopig teruggehou word.
Regter Thomas Masuku het beveel ’n arbitrasietoekenning in me. Jennifer Claasen se guns moet opgeskort word hangende ’n appèl teen dié uitspraak.
Mnr. Kahitire Kenneth Humu, wat die arbitrasietoekenning in Desember verlede jaar gemaak het, het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste beveel om Claasen se verlof- en pensioenvoordele aan haar uit te betaal.
Claasen, ’n voormalige rekenkundige klerk by die Windhoek Sentrale Hospitaal, het in September 2013 bedank toe die minister van gesondheid en maatskaplike dienste ’n ondersoek ingestel het na beweerde bedrog wat sy tussen 17 Mei 2006 en 19 September 2012 gepleeg het.
Volgens hofdokumente het Claasen glo verhoogde oortydbetalings, kontant- en diensbonusse, verblyfskoste, behuisingtoelae en -subsidies, asook agterstallige salarisse ten bedrae van N$1 941 057,55 aan ses personeellede oorbetaal met die doel om haarself te verryk.
Claasen het die kantoor van die arbeidskommissaris genader toe die ministerie haar in kennis gestel het dat haar verlof- en pensioenfonds nie uitbetaal sal word alvorens die strafsaak teen haar afgehandel is nie. Dié saak is toe na die arbitrasieforum verwys wat in haar guns beslis het.
Nie gelukkig met hierdie wending nie, het die staat die hoërhof genader.
Mnr. Marius Boonzaier het tydens die hofaansoek namens die staat betoog indien die geld uitbetaal word voordat die staat sy verliese kan herwin, bestaan ’n groot moontlikheid dat Claasen die geld sou spandeer en dat die ministerie dit nooit weer sou kon verhaal nie.
Veral omdat die regering met openbare fondse werk, is dit vir hulle belangrik om hierdie fondse te beskerm, het Boonzaier aan Republikein gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie