Vermeende Air Namibia bedrieërs kry borgtog
Die Air Namibia werkgewers mnre. Penna Munyunda en Tangi Amon Namwandi, wat daarvan beskuldig word dat hulle probeer het om N$1,1 miljoen van die nasionale lugredery te steel, het vanoggend borgtog van N$50 000 elk in die Windhoek landdroshof gekry.
Landdros Vanessa Stanley het streng borgtogvoorwaardes opgelê en verder gesê dat die hoeveelheid borggeld billik is vanweë die ernstige klagte wat die twee in die gesig staar. Die saak is tot 8 Februarie 2018 uitgestel vir verdere ondersoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie