Vermeende afstigters vrygelaat
Denver Kisting - Die koördineerder van misdaadondersoeke in die Zambezistreek, adj.komm Evans Simasiku, het vandag aan Republikein gesê die saak teen ses vermeende afstigters is voorwaardelik teruggetrek weens die ingewikkelde aard van die ondersoek.
Hy sê die polisie is oortuig die mans sal nie op die vlug slaan óf met die polisieondersoek inmeng nie.
Hulle is vrygelaat terwyl die polisie voortgaan om die bewerings van onder meer sameswering om hoogverraad te pleeg teen hulle te ondersoek.
'n Soortgelyke vorige saak, wat met 'n gewelddadige inval tydens 1999 verband hou, is herhaaldelike kere uitgestel, sê Simasiku.
Die polisie probeer dít verhoed.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, 'n polisiewoordvoerder, het vroeër die lede van die Caprivi Concerned Group (CCG) se vrylating in 'n mediaverklaring bevestig.
Lees Maandag die volledige berig in Republikein.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie