Vermeende aanval op Britse parlement
'n Vermeende terreuraanval is onderweg naby aan die Britse parlement in Londen.
Aanvanklike berigte op CNN praat van sterftes. Dit word as 'n "vuurwapen-voorval" in die media beskryf. Die aanbieder op CNN sê nuus wat uitkom uit parlementêre verslaggers se terugvoer, verwys 'n "ernstige voorval".
Minstens 12 mense is beseer. Na wat betroubaar volgens Reuters verneem word, is 'n aanvaller op die toneel geskiet. Die Britse eerste minister is uit die Parlement na veiligheid geneem.
Die Britse parlement is in sogenaamde "lock down" nadat skote gehoor is en 'n voertuig in die heining van die parlementsgebou vasgejaag het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie