Verlei jou Valentyn met 'n vy
Verlei jou Valentyn met 'n vy

Verlei jou Valentyn met 'n vy

Kosblogger Anél Potgieter het hierdie artikel oor vye geskryf en haar dekadente resepte vir vye-en- ricotta-slaai met granaatpitte en rooifluweel-vyekolwyntjies gedeel.
Jacqueline Louw
As daar nou iemand was wat geweet het hoe om manne om haar pinkie te draai, was dit die Egiptiese koningin en verleidster Kleopatra. Kyk, dié sexy vrou het geweet hoe! In 'n samelewing wat deur mans oorheers is, het sy darem lekker die septer geswaai en gesorg dat Kupido se pyltjies Julius Caesar en Markus Antonius kolskoot in die hart tref.
Daar word beweer vye was van haar gunstelingkos. Sy het selfs haar selfmoord beplan deur 'n giftige slang in 'n mandjie vye te laat versteek.
Die vyeboom is ’n simbool van oorvloed, vrugbaarheid en soetheid en vye is een van die oudste aangetekende vrugte ter wêreld. Sommige historici beweer ook dit was eintlik die vy en nie die appel nie wat Adam en Eva in die paradys tot hul soete val gebring het.
Dit is geen wonder dat die natuur se liefdesvrug nou juis met Valentynsdag volop beskikbaar is nie. Wat is nou meer sensueel as om jou maat 'n sexy, soet vars vy te voer? Die plomp vrug met die duisende hemelse saadjies verlei al jou sintuie en kan vars of saam met sjokolade en room die liefdesgode in jou binnekamers laat dans.
Ek was kinderlik gelukkig toe ek verlede naweek 'n klompie vars donkerpers vye gewaar het. As dit goed genoeg was vir Kleopatra met al haar slinkse plannetjies, kan ek ook mos my Ierse man daarmee verlei?
Ek het besluit om 'n vye-en-ricottakaas-slaai met rooi granaatpitte vir manlief te maak. Die kleure en smake is sensueel lekker en Barbara Joubert het my in die nuutste Sarie Kos ook sommer aangespoor om my eie ricottakaas te maak. Maklik, heerlik en sexy-lip-lek-lekker.
Rick is verder verlei met ’n rooifluweel-vyekolwyntjie. Hier het ek kortpad gevat en ‘n bekende handelsnaam se rooifluweel-koekmengsel gebruik, dit in 18 klein kolwyntjieholtes verdeel, 'n vy in elkeen gedruk en gebak. Die rooi vyekolwyntjies het ek saam met geklopte room en pienk peperkorrels bedien. As jy die kolwyntjie sny, sypel die soet rooi vyestroop uit en die pienk peperkorrels neem jou na 'n smaak-nirvana wat jy en jou geliefde nooit sal vergeet nie.
My liefdesverhaal was toe net so suksesvol soos Kleopatra s’n en ek kan dus met my hele Kupido-hart die sexy vy vir jou Valentyn aanbeveel.
Groete uit my kombuis,
Anél
(My kosblog is te lees by lifeisazoobiscuit.com)
KASSIE : Feite oor vye
Geskiedenis
Vye is oorspronklik van Klein-Asië en is een van die eerste vrugte wat gekweek is. Die antieke Grieke het al daarvan melding gemaak en in ongeveer 60 v.C. het Plato vye as ’n belangrike voedingsbron vir atlete aangewys. Die Grieke het glo ook die uitvoer van vye verbied om goeie prestasie vir hul atlete in die Olimpiese Spele te verseker. In antieke Griekse geskrifte is sowat 29 soorte vye aangeteken en vandag is daar meer as 700.
Die bloeisels
Vyebome het nie bloeisels op die takke nie – die “vrug” wat ons eet, is die bloeisels, wat bestuif word deur ’n spesiale tipe perdeby. Die klein blommetjies vorm die sade wat vye hul unieke tekstuur gee.
Kalsium en vesel
Vye is een van die grootste plantbronne van kalsium en vesel. ’n Halwe koppie vye het soveel kalsium as ’n halwe glas melk en een gedroogde vy het amper net soveel kalsium as ’n eier.
Kaloriewaarde
Daar is ongeveer 50 kalorieë in een groot vy.
Vries jou vye
Vinnig-gevriesde vars vye sal tot drie maande in die vrieskas hou. Pak die vars vye op ’n bakplaat wat met waspapier uitgevoer is en vries. Wanneer dit gevries is, herverpak dit in herseëlbare plastieksakkies. Wanneer jou lus die oorhand kry, ontdooi en smul.
Vytaal
Engels – Fig
Spaans – Higo
Frans – Figue
Duits – Feige
Italiaans – Fico” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.76/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.74% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.92% | Platinum US$ 914.39/OZ UP +1.36% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.76/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.74% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.92% | Platinum US$ 914.39/OZ UP +1.36%