Verlede kasty nywerheidsagentskap

­Industrialisasie glo van binne ­gepootjie

21 August 2019 | Regering
Augetto Graig



Die Agentskap vir Nywerheids­ontwikkeling in Namibië (Nida) is een van Namibië se grootste staatsondernemings, maar werknemers by dié agentskap het glo ineengestort ná vrae oor sy werksaamhede begin vra is.

Die agentskap het 167 persele landswyd, vyf plase, 1 500 huurders van besigheidspersele en tot 500 werknemers op 'n slag, waarvan 271 permanent aangestel is.

“Volgens balansstate is Nida die grootste staatsonderneming in die land,” sê mnr. Uparura Kuvare, die agentskap se uitvoerende direkteur en 'n raadslid.

Volgens hom is Nida 'n ­voorloper op die gebied van nalatigheid, ­wanbestuur en onbevoegdheid.

Kuvare moes gister saam met mnr. Frans Kwala, Nida se raadsvoorsitter, mnr. Job Muniaro, raadslid en vakbondleier, en me. Rosalia Haihambo, waarnemende senior finansiële bestuurder, voor die parlementêre staande komitee op openbare rekeninge vrae oor die staatsonderneming se geldsake beantwoord.

Kwala het Nida se omstandighede as volg beskryf: “Wat hier gebeur het, is skokkend. 'n Cuca-winkel sou beter bestuur word. Die winkeleienaar sou ten minste geweet het wat hy vandag ingebring het. Ons moes die situasie red omdat dit baie sleg was. Dit is steeds sleg.”

Volgens hom kom ernstige onreël­matighede daagliks steeds by die ­onderneming voor.

Nida behels die samesmelting van die omstrede Namibia ­Development Corporation (NDC) en die Offshore Development Company (ODC) ná die wet op die agentskap vir nywer­heidsontwikkeling in 2016 aan­geneem is.

Die nuwe raad, onder Kwala se leier­skap, is laas jaar Augustus aan­gestel.

“Die wet hanteer die oorname van die NDC en die ODC, wat in Oktober 2018 plaasgevind het. Ons het al die laste en bates, sake en regte in November 2018 oorgeneem,” sê hy.

Sedertdien is raadslid Kuvare ­gesekondeer om Nida se ­daaglikse werksaamhede as uitvoerende ­direkteur te probeer regruk.

Volgens Kuvare is Teenkorrup­sie­kommissie(ACC)- en interne ondersoeke van stapel gestuur, terwyl 'n aantal bestuurders geskors is.

Ander sake is by die Namibiese polisie se handelseenheid aangemeld.

“Ons moes al ambulanse bel ná mense by die werk ineengestort het toe ons vrae begin vra,” sê hy.

Volgens Kwala het die raad besluit om die gereg te betrek om te verseker hulle is nie aandadig aan misbruike by die reuseorganisasie nie.

“Ons moet verseker almal gee ­rekenskap en stappe word gedoen. Niemand sal oorgesien word nie,” sê hy.

“Ons sal nie in die raadsaal sit en ­inligting vir die owerhede wegsteek nie. As prokureur kan ek nie op bewyse sit nie.”

Om die spoor van miljoene dollar in die organisasie te volg, is egter nie maklik nie. Die parlement se staande komitee het die ouditeur-generaal se bevinding van tekortkominge in die NDC se rekords vir 2015, 2016 en 2017 onder die loep geneem.

Kuvare sê van die N$13,4 miljoen in 2016, waarvoor geen bankrekonsiliasie gedoen was nie, is slegs N$1,9 miljoen nog uitstaande.

Van 2017 se N$18,9 miljoen is slegs N$4,3 miljoen nog uitstaande, sê hy.

Dié vordering is volgens hom te danke aan die aanmoediging van die rekonsiliasieproses deur die ­aanstelling van tydelike werknemers in die finansiesafdeling vir dié doel.

Die opsporing van die huurinkomste uit Nida se duisende huurders is glo ingewikkeld.

Deur middel van ­eisbriewe kon die agentskap huurders aanspoor om bewyse van ­betalings te verskaf, het hy gesê.

Boonop word van die titelaktes vir van die staatsonderneming se eien­domme, infrastruktuur en land­goedere vermis.

Kuvare sê 'n bateregister is opgestel en 127 titelaktes is verhaal.

In 2019 is nog ses persele op dorpe soos Eenhana en ­Grootfontein ­geregistreer, terwyl die poging voortduur om Nida-persele op Keetmanshoop, Khorixas en Gobabis by die ­aktekantoor te registreer, sê hy.

Muniaro het gesê bestaande ­vennootskappe is in duisternis gehul.

Volgens hom is die raad ingelig Nida het 'n 15%-aandeel in Pupkewitz Motors (North), wat later glo 'n 40%-aandeel blyk te gewees het. Dít na ondersoek ingestel is na hoe die vorige bestuur die betrokke ­franchise verloor het.

Dan is daar die kontrak vir die ­bemarking van die druiwe van Nida se Naute-besproeiingsprojek buite Keetmanshoop.

Kuvare sê daar was nie een goeie verslag oor die ooreenkoms sedert 1993 nie.

“Hulle oes in groot maat, neem dit oor die grens, verpak dit onder 'n ­handelsmerk en verkoop dit oorsee,” sê hy.

Volgens Muniaro baat Nida nie by die verhouding nie.

Kuvare sê daar was nie kontrakte vir plaaswerknemers nie.

“Hulle is met die hand betaal. Ons het nou Bank Windhoek genader om te verseker elkeen het 'n bank­rekening.

“Bestuurders het 'n maatskappyvoertuig en 'n petrolkaart plus motor­toelaag geniet. Hulle het elke jaar vir hul verjaardag twee beeste gekry en tot N$5 000 om begrafnisse by te woon. As ons dit stop, raak mense kwaad,” sê hy.

Die NDC het volgens Kuvare jare lank miljoene op dié manier verloor, maar toe amptenare in die ministerie hoor Nida wil die kontrak kanselleer, wou hulle redes daarvoor hê.

“Die einste mense wat ons moet ondersteun, baklei teen ons,” sê Kuvare.

Hy sê 36 buitelandse ­maatskappye het reeds belangstelling in die aankoop van die druiwe getoon.

Nida se leierskap kry ook teenstand oor planne om die besteding van N$50 miljoen aan mediese fondse vir voormalige werknemers te staak.

“Begunstigdes het aan die minister geskryf om in te gryp,” sê hy.

'n Groot kopseer is NDC- en ODC-werknemers se toekoms, wat volgens die Nida-wet almal ­werksaanbiedinge moet kry.

Kuvare sê die werksmag is onbevoeg om industrialisasie in Namibië te bevorder.

“Uit 271 permanente werknemers, met tot 500 deeltydse werknemers op 'n slag, het net een 'n meestersgraad, en hy was uitgesluit van die ­maatskappy se bestuur. Van die ­permanente werknemers is 55 bo die ouderdom van 60. Net agt jong­mense werk vir die maatskappy, waarvan net een meer as N$5 000 'n maand verdien,” het hy gesê.

“Wil jy dit werklik aan hierdie mense oorlaat om industrialisasie te lei?” het Kuvare gevra.

“Ons wil die wet hersien. Dit sal nie werk om almal in te neem nie. Die ­minister sal na die kabinet moet ­teruggaan,” het hy gesê.

[email protected]

Soortgelyk

 

Damme voller

7 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

7 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Goliath, the giant

7 ure gelede | Mense

Elizabeth Joseph Born and raised in Windhoek, Romio Goliath started wrestling when he was 10. Being part of the After School Centre Wrestling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

7 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

7 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

7 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...

Havana, Otjomuise powered by June

7 ure gelede | Energie

The ministry of urban and rural development has committed a total of N$14 million for electrification for the 2019/20 financial year, an amount that is...

A significant contributor to Namibia's economic landscape

7 ure gelede | Byvoegsels

Hangana Seafood (Pty) Ltd is a 100% Namibian-owned company, passionate about “Creating a future, enhancing life” for its employees, country and the people of Namibia....

Corona: Afrika 66% gereed

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...