Verlange na skooldae van ouds

02 March 2018 | Onderwys
Estelle de Bruyn - Die verantwoordelikheid om ­behoorlike wetgewing te aanvaar om die onderwysstelsel in Namibië reg te ruk en die gehalte van onderwys te ­verbeter, lê by die Nasionale Vergadering (NV).

Só sê die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, wat Woensdag aan 'n debat oor onderwys in die NV deelgeneem het.

Hy sê die NV beskik oor die magte om wetgewing dienooreenkomstig te aanvaar.

Die minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, en die speaker, prof. Peter Katjavivi, het verlangend verwys na die goeie ou dae toe ­onderwysers nog “lat geswaai en dissipline in skole afgedwing het”.

Hulle het gewys op die respek wat onderwysers in die gemeen­skap geniet het en die aansien wat hierdie onderwysers gehad het.

In die debat is die belangrikheid van ouerbetrokkenheid beklemtoon en ook die verantwoordelikheid wat by leerlinge self berus om erns met hul skoolwerk te maak.

Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het gesê 'n gebrek aan fondse vir onderwys kan nie as verskoning vir swak prestasie voorgehou word nie.

Die onderwysportefeulje ontvang sedert onafhanklikwording 'n leeueaandeel van die nasionale begroting.

Die vraag wat gevra moet word, is hoe die geld wat vir onderwys ­beskikbaar gestel word, ten beste aangewend kan word.

Mnr. Tommy Nambahu het gesê Namibiërs moet ophou om die land se onderwysstandaarde met eerstewêreldlande soos Engeland s'n te vergelyk.

Namibië, met sy geskiedenis van minderwaardige apartheids­era-onderwys, moet eerder met lande in dieselfde bootjie vergelyk word.

Haufiku het gesê sulke filosofiese argumente is onvanpas.

Al wat gedoen moet word, is om na skole soos Oshigambo en St. ­Boniface te gaan en te kyk wat daar gedoen word om uitstekende resultate te behaal.

Die mosie onder bespreking was een van me. Elma Dienda van die Popular Democratic Movement (PDM).

Dit handel oor die impak van ­onderwysers wat nie oor die nodige hulpbronne beskik nie op die gehalte van onderwys in Namibië.

Die debat duur voort.

Soortgelyk

 

Plastieksakke uit nasionale parke verban

1 dag gelede | Omgewing

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het plastieksakke uit alle nasionale parke in die land verban. Die minister het gemaan geen...

Nampol-beamptes skuldig aan nalatigheid

1 dag gelede | Misdaad

Twee senior polisiebeamptes wat intern ondersoek is vir hul beweerde nalatigheid om betyds te reageer in ‘n saak waarin ‘n 18-jarige vyf familielede vroeër vanjaar...

Ollies les hul dors

2 dae gelede | In beeld

Namibiërs in die Zambezistreek kan vandag na verspreide donderbuie uitsien, terwyl dié elders in die binneland vir eers nog met enkele tot geïsoleerde buie tevrede...

Ekonomie: Hou sand uit wiele

2 dae gelede | Politiek

Ronelle Rademeyer Dubbele belasting, soos belasting op dividende en belasting op kapitaalwins is immoreel en gaan nié die ekonomie laat groei nie.'n Ekonomie is die...

PS'e binnekort nié permanent

2 dae gelede | Regering

Denver Kisting - As beplande wetgewing deurgevoer word, is PS’e binnekort nie meer “permanent” in die tuig nie.Hiernaas sal dié rekenpligtige beamptes van ministeries ook...

Gróót regshervorming binnekort op pad

2 dae gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die werksaamhede van die land se howe word deur verskeie uitdagings gekortwiek.In die lig van hervorming wat die minister van justisie, mnr....

Ongelukke: Namibië 45ste op wêreldranglys

2 dae gelede | Ongelukke

Padongelukke kos Namibië jaarliks N$1,3 miljard en is die oorsaak van 3,76% van die land se totale sterftes.Dié skokkende syfers is Dinsdag namens die minister...

Weer vir 23 November 2018

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloe­dig warm in die ||Kharasstreek en die Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele...

Weer, Donderdag 22 November 2018

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die //Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Enkele donderbuie word in...