Verkragting: 651 mans agter tralies
Verkragting: 651 mans agter tralies

Verkragting: 651 mans agter tralies

Namibiese mans word geleer “om te glo hulle is geregtig op vroue en meisies se liggame”.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith – Terwyl ’n epidemie van geweld teen vroue en kinders in Namibië woed, is 651 mans en twee vroue in die tronk vir misdade wat verkragting insluit.

Rekords wat deur die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS) vrygestel is, wys byna 14% van die 4 414 mans wat agter tralies is en twee van die land se 147 vroulike gevangenes is aan verkragting skuldig bevind.

In September het die Namibiese polisie onthul byna 1 500 mense is tussen 2017 en Maart 2019 in hegtenis geneem in verband met meer as 2 500 verkragtingsake.

Byna die helfte van dié gevalle was vir die beweerde verkragting van minderjariges.

Die NCS-rekords, wat die name van die gevangenes weerhou, toon wanneer ondersoeke en hofsake wel tot suksesvolle skuldigbevindings lei, betaal baie ’n hoë prys vir hul gewelddadige optrede.

Uit die 653 gevangenes is drie mans die afgelope 27 jaar toegesluit ná hulle in 1992 lewenslange tronkstraf opgelê is.

Nog ’n veroordeelde verkragter is die afgelope 24 jaar reeds in die tronk en dien ’n vonnis van 36 jaar uit.

In gevalle waar vaste tronkstrawwe toegepas is, kom gevangenes in aanmerking vir parool ná hulle twee derdes van hul vonnis uitgedien het. Dié wat lewenslange tronkstraf gekry het, kom in aanmerking vir parool ná hulle 25 jaar van hul vonnis uitgedien het.

Die NCS-inligting wys die meerderheid oortreders wat op klagte van verkragting skuldig bevind is, het vonnisse van so min as vier jaar tot so lank as 20 tot 30 jaar ontvang. Die wie se misdade nie tot verkragting beperk was nie, maar brutaal was, is swaarder vonnisse opgelê.

TIEN SIT LEWENSLANK

Uit die 651 manlike oortreders wat tans in die tronk is, dien 58 vonnisse van tussen 30 en 59 jaar uit. Ses mans dien vonnisse van tussen 60 en 69 jaar uit, terwyl vier tot tussen 70 en 79 jaar gevonnis is.

Twee mans wat onder meer aan verkragting skuldig bevind is, dien elk ’n vonnis van 97 jaar uit. Tien mans is lewenslange tronkstraf opgelê.

Volgens die NCS se rekords kom vier mans eers ná 108 jaar vir parool in aanmerking, ná hulle elk tot 163 jaar tronkstraf gevonnis is. Hul vonnis verstryk op 19 Januarie 2 175.

In 2019 tot op hede is 53 mans tronk toe vir verkragting, waarvan vyf tot lewenslange tronkstraf gevonnis is. Uit dié wat in die dekade tussen 2000 en 2010 gevonnis is, bly 138 agter tralies, terwyl 457 wat tussen 2011 en 2018 gevonnis is steeds hul tronkstraf uitdien. Een van die enigste twee vroue is in 2015 tot tronkstraf van 13 jaar gevonnis, terwyl nog ’n vrou in 2016 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is. Die meerderheid van die oortreders wat tans tronkstraf vir verkragting uitdien (220) is tussen die ouderdomme van 31 en 40 jaar oud, gevolg deur 145 oortreders tussen 22 en 25 jaar oud en 130 tussen 41 en 50.

‘NIE NET EEN REDE’

Tien is tussen 17 en 19 jaar oud en 25 is 20 of 21 jaar oud. Vyf van die oortreders is 71 jaar en ouer. Die meerderheid van die gevangenes (170) word by die Windhoek Sentrale Gevangenis aangehou, gevolg deur 153 wat tans hul tronkstraf by die Hardap-gevangenis naby Mariental uitdien.

In ’n onlangse studie was 15 oortreders wat tronkstraf vir verkragting in die Windhoek Sentrale Gevangenis uitdien dit eens daar is “nie een verduideliking vir verkragting alleen nie”.

Volgens ’n studie wat me. Nangula Kefas, ’n navorser verbonde aan die Universiteit van Namibië (Unam), onderneem is, is die verkragting van minderjariges, verkragting deur misleiding, bloedskande en verkragting binne die huwelik die primêre tipe verkragtings wat in Namibië voorkom.

Baie van die gevangenes wat aan die studie deelgeneem het, het snellers soos alkohol- en dwelms uitgesonder as redes, maar het erken onderliggende geloofsoortuigings en ’n gewelddadige familiegeskiedenis het ook ’n rol gespeel.

Mnr. Chris Green, Britse stigter van die White Ribbon-veldtog, ’n wêreldwye beweging wat mans teiken om geweld teen vroue en kinders stop te sit, het gesê gevangenes se antwoorde moet versigtig hanteer word, “omdat hulle geneig is om hulself of die verkragting te regverdig”.

MAG EN BEHEER

Hy het beklemtoon die “fundamentele redes wat in die studie gelys word, maar nie altyd deur die oortreders erken word nie, is die behoefte om mag en beheer te wys”.

Die studie beklemtoon in Namibië en elders is kulturele praktyke en tradisies wat ’n onderdanige, minderwaardige rol vir vroue en ’n dominante rol vir mans voorstaan, asook wanfunksionele en gewelddadige kinderjare, toksiese manlikheid en patriargie die kernoorsake van die verkragtingskultuur in die land.



Mnr. James Itana van die Regain Trust in Namibië wat ondersteuningsdienste aan die slagoffers van geslagsgeweld bied, sê die studie “bou ’n reusesaak teen alkohol en dwelms as sleutel- bydraende faktor”.

Hy sê dit is bydraende faktore wat inhibisies kan verlaag, maar is nie ’n kernoorsaak nie.

“Daar sal duidelike bestaande vooropgestelde idees wees wat mans se geloofsoortuigings, houdings en praktyke rakende seks, vroulike seksuele objektivering en manlike reg beïnvloed,” het Itana gesê.

Volgens hom word Namibiese mans geleer “om te glo hulle is geregtig op die liggame van vroue en meisies. Waarmee ons werklik te doen het, is ’n kwessie van mag en hul reg daartoe, wat deur ons kulturele en godsdienstige oortuigings versterk word”.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!