Verkleurmannetjie trek uit voor kamera
Verkleurmannetjies is een van baie reptiele wat vervel omdat hulle letterlik uit hul velle groei. Anders as ’n slang vervel ’n verkleurmannetjie in stukkies en die hele proses kan weke duur. ’n Baba-verkleurmannetjie vervel elke paar weke omdat hulle so vinnig groei, terwyl ’n volwasse verkleurmannetjie elke vier maande vervel. Wanneer ’n verkleurmannetjie reg is om te vervel, blaas hulle hulself op om die ou vel te breek. Hulle sal rondrol en teen stokkies skuur en selfs hul eie voete gebruik om die dooie vel af te trek. Moet nooit ’n verkleurmannetjie se vel aftrek nie omdat dit tot ontsteking kan lei. Alta du Plessis het onlangs die vervellende verkleurmannetjie afgeneem.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie