Verkiesings 2019: Vertroue en prestasie – keersye van dieselfde penning

11 November 2019 | Politiek
Christie Keulder - Burgers se vertroue in politieke instellings is ‘n belangrike maatstaf van legitimiteit.

Mense glo in die wettigheid van politieke instellings en ‘n regime wanneer hulle deel daarvan voel. Legitimiteit is ‘n noodsaaklike voorwaarde vir die oorlewing van politieke bedelings. Vertroue kan belangrike inligting oor die toekomstige stabiliteit van ‘n regime verskaf.

Vertroue word verdien deur die prestasie en werkverrigting van verkose leiers.

Vertroue in die president en persepsies oor die staatshoof se prestasie toon ‘n duidelike verband met mekaar. Beide het sedert 2014 afgeneem. Die vertroue en prestasie-evaluering is die laagste sedert 1991.

Persepsies oor die Nasionale Vergadering (NV) toon dieselfde tendens. Swakker punte vir werkverrigting laat vertroue kwyn.

Om sake te vererger, dink die meeste Namibiërs die NV en sy lede luister nie na mense nie en reageer daarom nie op hul behoeftes nie.

Vertroue en prestasie maak saak. Beperkte vertroue bevorder ongehoorsaamheid aan wetgewing en kan belegging, innovering en werkskepping strem. Dit beperk groei en werk openbare verset en groter ontevredenheid in die hand.

Verkose leiers moet aandag aan hierdie werklikhede begin gee. Hulle het baie om te verloor en goeie bestuur kan in die toekoms al moeiliker word.

* Data is ontleen aan die Afrobarometer, 'n Pan-Afrikaanse reeks opnames oor houdings oor demokrasie, bestuur en die gemeenskap. Besoek afrobarometer.org vir meer besonderhede.

Soortgelyk

 

Regbank kan nie alleen pa staan vir tydige geregtigheid,...

10 ure gelede | Howe

Denver Kisting - Hoofregter Peter Shivute sê die publiek verwag ’n regstelsel wat geregtigheid spoedig en regverdig lewer.Hoewel die regbank hul bes doen om regverdigheid...

Fopnuus tydens die verkiesing

11 ure gelede | Politiek

Navorsers verbonde aan die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), mnr. Frederico Links en me. Martha Nangolo, deel vanoggend hul bevindings oor fopnuus wat voor, tydens...

Verskeie staatskole in Windhoek sonder water, krag

13 ure gelede | Onderwys

Meer as tien staatskole in Windhoek is reeds vir dae sonder krag en water, nadat toevoer deur die munisipaliteit afgesny is. Die skole wat geraak...

Hardapkrane lóóp

13 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Watertoevoer in die besproeiingskanaal op die Hardapskema het reeds 05:00 vanoggend weer afgeskop. Dit volg nadat NamWater se uitvoerende hoof, mnr. Abraham...

Afrika en Namibië gereed vir coronavirussiekte (Covid-19)

22 ure gelede | Gesondheid

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se noodgesondheidsbeampte vir Namibië, dr. Petrus Mhata, sê die organisasie beveel nie enige reis- en handelsbeperkings met China vir lande in Afrika...

‘Skaapdiefstal’ lei tot treurspel ...

22 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die beweerde diefstal van 30 skape by ’n bekende ruskamp buite Keetmanshoop het Maandag glo tot die dood van ’n vermeende skaapdief,...

’n Uitspansel vol belofte

22 ure gelede | In beeld

Mnr. Ettienne Rossouw het dié foto gistermiddag om 15:00 in Suid-Namib geneem en op die Facebook-blad “Namibië Reënval” gedeel. “Kyk hoe bou die wolke. Belowend!”...

Itula slyp sy tande opnuut

22 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Dae nadat die hooggeregshof beslis het Namibiërs keer nie terug stembus toe nie, het die voormalige onhafhanklike presidensiële kandidaat, dr. Panduleni Itula,...

Corona draai in parlement

22 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Die Swapo-agterbanker en parlementslid me. Pendukeni Iivula-Ithana het gistermiddag die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Itah Kandjii-Murangi, oor die...