VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

12 November 2019 | Politiek
Esther Utjiua Muinjangue

National Unity Democratic Organisation (Nudo)

Esther Utjiua Muinjangwe, die leier van Nudo, is die eerste vroulike leier van ‘n politieke party in Namibië en die eerste vroulike presidensiële kandidaat in die geskiedenis.

Muinjangwe is gebore op 17 Desember 1970.

Sy het ‘n BA- en meestersgraad in sosiologie en is sedert 1996 ‘n dosent in maatskaplike werk by die Universiteit van Namibië (Unam).

Muinjangwe sê die waardigheid van alle Namibiërs moet deur beter dienslewering, ekonomiese ingryping en ‘n opgeskerpte stryd teen korrupsie herstel word. Vroue en die jeug moet volgens haar hul stemme beter laat geld.

Vergoeding vir Duitsland se volksmoorde en grondhervorming lê haar, soos vir Nudo, baie na aan die hart.

Soortgelyk

 

KOLLIG Voorblad

23 ure gelede | Byvoegsels

Swakop hou Makietie bl. 4

ECN gaan Itula se aansoek teenstaan

23 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Vanweë die beweerde negatiewe uitwerking van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) in die afgelope presidensiële verkiesing moet die proses tersyde gestel word.Dr. Panduleni Itula,...

Ekonomie bloei lánkal

23 ure gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Ekonomiese groei het reeds in 2015 skerp begin tuimel sonder dat dit deur amptelike syfers weerspieël is, toon nuwe data wat gister...

NOU AAN DIE GANG

23 ure gelede | Byvoegsels

» Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging bied tans ‘n Kersfees-skattejag by die Swakopmund Museum aan. Dit bestaan uit twee afdelings, een vir kinders en een vir...

Geskorste raadslede van Rehoboth herkies

23 ure gelede | Regering

Denver Kisting op Rehoboth – Dieselfde span raadslede wat verlede jaar deur dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, in die pad...

Weer vir 13 Desember 2019

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Winderige weer sal...

STEMFEITE: NAM & SA 2019

23 ure gelede | Politiek

In Namibië het Swapo persentasiegewys meer steun ingeboet as die ANC in Suid-Afrika.

NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer

23 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh Plaaslike versekeringsmaatskappye móét voorts vir herverseke­ring by NamibRe opdok - tot tyd en wyl daar in 'n hangende hofsaak oor die wettigheid van...

CoW baklei teen beslaglegging

23 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) baklei tans verbete teen ’n beweerde beslagleggingsbevel wat poog om van hul vaste bates te konfiskeer.Veertien superintendente verbonde...