VERKIESINGS 2019: Geslagsgeweld en menseregte

14 November 2019 | Politiek
Die reeks neem politieke partye se manifeste oor sleutelkwessies in oënskou.

ALL PEOPLE’S PARTY (APP)

• Beëindig die bose kringloop van geweld teen vroue en kinders, die ekonomiese gevolge daarvan en oordrag hiervan van geslag tot geslag

• Maak vroue en kinders se veiligheid ‘n prioriteit

• Bevorder geslagsgelykheid, die verandering van geslagsnorme en die politieke en ekonomiese bemagtiging van vroue

• Voorkoming eerder as genesing; fokus op “oorlewendes”, nie “slagoffers”

• Bemagtig meisies en erken hul seksuele regte

• Maak mans en seuns deel van die oplossing

• Sterker beleid en wetgewing om strafloosheid te beëindig

• Beskerming en dienste d.m.v. onder meer skuilings en gesondheidsektor

• Erkenning van LGBTIQ-gemeenskap se grondwetlike en menseregte

• Streng wetgewing teen alle haatspraak

• Skep veilige ruimtes by skole, in die staatsdiens en by werksplekke

• Wetenskaplike navorsing oor dagga met die oog op regulering

• Voorwaardelike, gereguleerde en mediese aborsies

• Sekswerkers: Die party erken alle individue se onskendbare regte, maar erken moraliteit en ordentlikheid se rol in die beskerming en behoud van gesins-, familie- en gemeenskapsnorme

• Grootste menseregtevraagstukke: kinderarbeid en die wanvoeding van kinders

LANDLESS PEOPLE’S MOVEMENT (LPM)

• Geslagsgeweld (GBV) is ‘n simptoom van die wêreldwye en plaaslike patriargale gemeenskap wat die waardigheid van vroue nie behoorlik respekteer en beskerm nie

• Takel geslagsongelykheid by die wortel; opvoedingsprogramme by skole en tersiêre instellings, binne tradisionele owerhede

• N$1 miljard vir die stryd teen geslagsgeweld (2020-2024)

• Spreek probleemgedrag vroeg aan by seuns en jong mans

• Beter polisieopleiding vir hantering van GBV

• Skuilings in alle streke

• Spesiale opleiding vir sielkundige ondersteuning weens trauma

NAMIBIA ECONOMIC FREEDOM FIGHTERS (NEFF)

• Die beskerming van menseregte, insluitende kulturele, ekonomiese en maatskaplike regte van minderhede en gemarginaliseerde gemeenskappe

NATIONAL DEMOCRATIC PARTY (NDP)

• Meer geld vir alle rolspelers om geslagsgeweld te stuit

POPULAR DEMOCRATIC MOVEMENT (PDM)

• Opregte en betekenisvolle geslagsgelykheid

• Vroue ervaar die grootste deel van armoede en menseregteskendings

• Spreek vroue se randstatus in die ekonomie aan; gelyke betaling vir dieselfde werk

• Gratis sanitêre doekies vir kwesbare dogters

• Spesiale howe vir seksuele en geslagsmisdade

• Beter polisieopleiding oor GBV

• Opvoedingsprogramme oor “korrektiewe verkragting”

• Stel taakspan aan oor LGBTIQ-regte

• Dienshandves vir slagoffers van misdaad

REPUBLICAN PARTY (RP)

• Die nasie en veral vroue en kinders het vertroue in die regstelsel verloor

• Spesiale howe vir aanranding en verkragting van, en moorde op vroue en kinders

• Wetswysigings met strawwer, ontmoedigende vonnisse

• Lewenslange tronkstraf sonder parool vir verkragters, moordenaars

• Die oorsaak is uitsigloosheid weens werkloosheid, armoede en gebrek aan basiese dienste

• Sluit duisende sjebeens en dobbelhuise

• Vir menseregte en teen diskriminasie

• Christelike liefde en respek, sonder veroordeling, aan lede van die LBGTIQ-gemeenskap, maar Bybelse erkenning dat so ‘n leefwyse verkeerd en sondig is

• Wettig dagga vir mediese gebruik; nie vir algemene gebruik weens verwoestende uitwerking van dwelms

• Aborsie: Die RP ondersteun bestaande wetgewing, maar is gekant teen die vorm van moord

• “Vroue moet die gevare van onwettige aborsie oorweeg voordat hulle met elke Tom, Dick en Harry in die bed spring. Dit kan nooit van die staat verwag word om iets te wettig wat voorkom kan word as vroue verantwoordelikheid vir hul eie dade aanvaar nie.”

• Opvoeding is die oplossing

• Sekswerk is immoreel; menseregte het perke – spreek eerder armoede aan en herstel gesinswaardes

• Grootste menseregteskendings: onwettige moorde deur polisie en weermag, sloervervolging deur howe, toestande in gevangenisse, sekstoerisme (ook met kinders), miskenning van vroueregte, Swapo se verdeling versus versoening

SWANU

• Endemiese geweld is die gevolg van maatskaplike en ekonomiese ongelykhede

• Ongebreidelde kapitalisme kan nie geregtigheid en welsyn verseker nie

• Die wortel van die kwaad was die verontmensliking van apartheid

• Maksimum strawwe vir verkragting, geen parool en geen kwytskelding

• Omvattende hervorming van die strafregstelsel

• Gelykheid en vryheid vir die LGBTIQ-gemeenskap

• Godsdienstige sienings hieroor is onderhewig aan die Grondwet

• Dekriminaliseer die gebruik en besit van dagga vir geestelike, godsdienstige, terapeutiese, mediese en ekonomiese redes

• Dit sal druk op die strafregstelsel help verminder

• Grootste menseregtevraagstukke: Polisiebrutaliteit en die marginalisering van randgroepe

SWAPO

• Gefokusde optrede teen die toename in GBV en misbruik van kinders

• Versnel vroue en die jeug se bemagtiging

• Tienervriendelike omgewings by gesondheidsinstellings

• Bewusmakings- en opvoedingsveldtogte oor voortplantingsgesondheid

• Verminder tienerswangerskappe met 30% teen 2025

• Versterk wetstoepassing om vinnig en doeltreffend op GBV te reageer

• Rig GBV-beskermingseenhede op in oorblywende stedelike gebiede en bou meer skuilings

• Versnel hersiening van wetgewing oor huishoudelike geweld

• Woedebestuur- en beradingsprogramme by skole en in gemeenskappe

• Identifiseer en bevorder bewustheid van skadelike tradisionele en kultuurpraktyke

UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF)

• Gelyke regte en gelyke behandeling vir almal

• Beter misdaadvoorkoming

* Die oorsig sluit kommentaar op spesifieke vrae deur sekere partye in.

Soortgelyk

 

KOLLIG Voorblad

1 dag gelede | Byvoegsels

Swakop hou Makietie bl. 4

ECN gaan Itula se aansoek teenstaan

1 dag gelede | Politiek

Denver Kisting – Vanweë die beweerde negatiewe uitwerking van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) in die afgelope presidensiële verkiesing moet die proses tersyde gestel word.Dr. Panduleni Itula,...

Ekonomie bloei lánkal

1 dag gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Ekonomiese groei het reeds in 2015 skerp begin tuimel sonder dat dit deur amptelike syfers weerspieël is, toon nuwe data wat gister...

NOU AAN DIE GANG

1 dag gelede | Byvoegsels

» Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging bied tans ‘n Kersfees-skattejag by die Swakopmund Museum aan. Dit bestaan uit twee afdelings, een vir kinders en een vir...

Geskorste raadslede van Rehoboth herkies

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting op Rehoboth – Dieselfde span raadslede wat verlede jaar deur dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, in die pad...

Weer vir 13 Desember 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Winderige weer sal...

STEMFEITE: NAM & SA 2019

1 dag gelede | Politiek

In Namibië het Swapo persentasiegewys meer steun ingeboet as die ANC in Suid-Afrika.

NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer

1 dag gelede | Howe

Elvira Hattingh Plaaslike versekeringsmaatskappye móét voorts vir herverseke­ring by NamibRe opdok - tot tyd en wyl daar in 'n hangende hofsaak oor die wettigheid van...

CoW baklei teen beslaglegging

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) baklei tans verbete teen ’n beweerde beslagleggingsbevel wat poog om van hul vaste bates te konfiskeer.Veertien superintendente verbonde...