Verkiesings 2019: Die gevaar van onkunde
Namibiese sienings oor klimaatsverandering
Namibië ervaar tans 'n ernstige droogte. Baie inwoners het nie voldoende voedsel nie.
Omdat 80% van Namibiërs hul kos aankoop en die land op die meeste in 40% van sy behoefte aan voedsel voorsien, raak 'n droogte baie mense.
Tydens 2017 se Afrobarometer-opname is deelnemers gevra of toestande vir landbouproduksie verbeter of verswak het. Mense was verdeeld hieroor. Volgens 33% van deelnemers het toestande versleg, vir 21% was dit beter en volgens 18% onveranderd. 'n Vyfde van mense het geen direkte belewenis hiervan gehad nie.
Namibiërs was ewe verdeeld daaroor of droogtes vererger. Van deelnemers het 38% hiermee saamgestem, terwyl 36% gesê het die omvang van droogtes neem af. Droogtetoestande was volgens 18% van deelnemers onveranderd.
Net 52% van Namibiërs het al van klimaatsverandering gehoor. Vir 48% beteken dit 'n negatiewe verandering in klimaat. 'n Vyfde (20%) het gereken dit behels iets positief. Net 30% van mense het gesê menslike gedrag veroorsaak klimaatsverandering.
Namibiërs se geletterdheid oor klimaatsverandering tel onder die vyf swakstes uit 33 lande.
Hoe kan mense voorberei op iets wat hulle nie verstaan nie?
* Data is ontleen aan die Afrobarometer, 'n Pan-Afrikaanse reeks opnames oor houdings oor demokrasie, bestuur en die gemeenskap. Besoek afrobarometer.org vir meer besonderhede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie