Verkiesing 2019: Op pad na die loopgrawe?

Openbare persepsies oor die ekonomie
Dani Booysen
Christie Keulder - Die Namibiese ekonomie kan vergelyk word met ‘n bokser wat in die hoek van die kryt beland het. Houe reën op hom neer en sonder ‘n ontsnappingsplan is ‘n uitklophou onvermydelik.

Tye is moeilik en Namibiërs is desperaat vir uitkoms.

Vir die eerste keer sedert 2011-’12 reken die meeste Namibiërs die land is op die verkeerde pad. Die verskil is noemenswaardig: in 2014-’15 het net 24% van Namibiërs hierdie mening gehuldig; ‘n syfer wat in 2017-’18 meer as verdubbel het tot 56%.

In 2017-’18 was Namibiërs die negatiefste nog oor ekonomiese vooruitsigte sedert 1999-2001. Hulle was ook die mees pessimistieste ooit oor die toekoms (sien grafieke).

Dit maak die ekonomie ‘n sleutelkwessie in vanjaar se verkiesings. Kiesers sal na partye soek met duidelike strategieë hoe om ‘n ommekeer te bewerkstellig. Planne vir werkskepping – nie beloftes nie – sal sentraal in die planne staan.

Die meeste Namibiërs leef van een betaaldag na die volgende en kan nie ‘n verlies aan inkomste bekostig nie.

Sommige kiesers mag dalk sinies raak en nie gaan stem nie. Die jaar se verkiesing kan die interessantste sedert 1989 word.

Data is ontleen aan die Afrobarometer, ‘n Pan-Afrikaanse reeks opnames oor nasionale houdings oor demokrasie, bestuur en die gemeenskap. Vir meer besonderhede, besoek afrobarometer.org

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!