Verkeersafdeling se veldtog lewer resultate

31 December 2002 | Politiek en nasionale nuus
DIE hoofstad se verkeersafdeling se veldtog om lewens te red en motorryers se denkwyse oor padgebruik te verander, het tot dusver merkwaardige resultate opgelewer.
Sowat 191 motorongelukke is sedert die begin van die feesseisoen in die stedelike gebied van Windhoek aangemeld. Dié syfer vergelyk gunstig met die 321 motorongelukke wat in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar plaasgevind het.
Daar is vanjaar nog geen noodlottige ongelukke in die stad aangemeld nie in vergelyking met vier sterftes in motorongelukke verlede jaar.
Nege mense is in verband met alkoholverwante motorongelukke aangekeer, terwyl daar elf uitstaande lasbriewe is vir beweerde dronkbestuurders wat nie vir hofverrigtinge opgedaag het nie. Hulle was almal die afgelope naweek voorgekeer.
Die waarnemende hoof van die munisipale verkeersafdeling van die stad, superintendent Adam Eiseb, het rakende die padveiligheidsituasie in die stad opgemerk dat dit vanjaar merkwaardige verbeter het.
Hy het egter bygevoeg dat die getal van mense wat oor die feesseisoen ernstige beserings in motorongelukke in die stad opgedoen het vanjaar tot 26 gestyg het in vergelyking met 21verlede jaar.
Die getal mense wat ligte beserings in motorongelukke oor die Kersseisoen opgedoen het, staan vanjaar op 25 in vergelyking met verlede jaar se veertig.
Supt. Eiseb het gesê dat die veldtog van die Windhoekse verkeersafdeling ook ten doel het om onpadvaardige en oorlaaide voertuie aan die kaak te stel.
Die benadering was om onverwagse padblokkades op te stel waar na die padvaardigheid van motorvoertuie en geskiktheid van bestuurders gekyk word.
Tweedens het dit ten doel gehad om dronkbestuur uit te roei of te verminder deur deurlopend asemtoetse ter opsporing van alkohol uit te voer. \"Ons het toegewyde spanne wat motorvoertuie voorkeer en dan die bestuurders aan die asemtoetse onderwerp,\" het supt. Eiseb gesê.
Hy het bygevoeg dat die toetse vir alkoholteenwoordigheid in die bloedstroom ná motorongelukke op alle bestuurders uitgevoer word.
Volgens hom word daar ook op \'n daaglikse grondslag streng spoedbeperking toegepas op hoofsaaklik die hoofroetes in die stad en strate in woonbuurte. Die gebruik van veiligheidsgordels word benadruk, terwyl die onwettige gebruik van selfone agter die stuurwiel van \'n voertuig ook aangespreek word.
Hy het gesê dat die stad se verkeerspersoneel buiten dié maatstawwe ook by die ander wetstoepassers aansluit waar hulle soms gesamentlik met die polisie padblokkades beman om enige onwettigheid te stuit.
Intussen word uit Swakopmund verneem dat daar in die feesseisoen 35 motorongelukke op die kusdorp plaasgevind het. Daar was egter geen noodlottige voorvalle aangemeld nie, terwyl net drie mense ligte beserings in dié ongelukke opgedoen het.

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

1 dag gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

1 dag gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

1 dag gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

1 dag gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

1 dag gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...