Verimark plaas hoop op feesseisoen
Verimark is gereed vir die Kerstyd. Hy het heelwat meer produkte en ’n reuse-voorraad.
Nie eens die lae sakevertroue en verbruikers se toe beursies laat Verimark van sy Kersplanne afsien nie.
Dit is ondanks die feit dat hy aansienlik swaarder getrek het in die halfjaar tot einde Augustus.
Die maatskappy het Donderdag sy nuutste resultate op Sens gepubliseer.
Sy inkomste vir die ses maande het wel met 13,7% tot R209,7 miljoen gestyg teenoor ’n jaar gelede, maar sy wins kon nie dieselfde pas volhou nie.
Bruto wins het met 10,6% tot R88,6 miljoen gestyg.
Verimark sê in die verklaring die feit dat hy meer produkte bekend gestel het en ook meer winkelspasie bekom het, is hoekom sy wins stadiger gegroei het.
Hy het ook vroeër vanjaar besluit om sy pryse te verlaag.
Nadat Suid-Afrika se kredietstatus tot rommel verlaag is, het sakevertroue ’n groot knou gekry, sê Verimark in die verklaring. Wanneer sakevertroue daal, bestee verbruikers ook minder. Dit het ’n nadelige impak op alle maatskappye wat op kleinhandelwinkels staatmaak vir verkope, sê hy.
Buiten vir sy planne om sy produkte sterk oor die feesseisoen te bemark, sê Verimark dat hy ook meer op sy buitelandse bedrywighede gaan fokus. Hy het dié bedrywighede ’n jaar gelede hervat.
Verimark sê hy glo sy internasionale aktiwiteite kan hom beter teen die wisselvalligheid in die rand verskans.
KASSIE
Verimark se syfers
· Wesensverdienste per aandeel 55% laer op 1c
· Geen dividend is verklaar nie
· Inkomste styg met 13,7% tot R209,7 miljoen
· Bruto wins styg met 10,6% tot R88,6 miljoen

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie