Verhoogde internetgebruik beteken u2018kuberoorlogu2019
Verhoogde internetgebruik beteken u2018kuberoorlogu2019

Verhoogde internetgebruik beteken ‘kuberoorlog’

Intydse kaarte wys kuberaanvalle vier tans wêreldwyd hoogty, met veral regerings en verskeie openbare sektore wat geteiken word.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - In tye waar al hoe meer mense van die huis af werk en daar meer as ooit op die internet en meer toestelle staatgemaak word, is kuberaanvalle ook besig om die hoogte in te skiet.

Die sektore wat veral geteiken word, is regerings en openbare sektore soos onderrig, die gesondheidsbedryf, asook media, tegnologie- en telekommunikasiebedrywe.

Dit aldus mnr. Arpit Jain, hoof van die nuwe Sentrum vir Uitnemendheid in Inligtingstegnologie by die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust). Jain is betrokke by ’n bilaterale ooreenkoms tussen Namibië en Indië.

Hy sê alhoewel Namibië 115de in die wêreld is as dit kom by die lys van lande wat die meeste kuberaanvalle moet trotseer, word niemand hiervan gespaar nie. Hy het sekere stappe voorgestel hoe ondernemings hul kubersekuriteit kan verbeter.

Sakeondernemings word meestal vir direkte finansiële gewin geteiken, of om hul werkvloei te onderbreek of te saboteer. Hy sê anders word individue geteiken as deel van grootskaalse swendelarye, of om hul toestelle te saboteer of vir onderduimshede in te span.

“Die impak van kuberaanvalle is dikwels groot, hetsy individue of maatskappye aangeval word, en hou risiko’s in.

“Dit sluit in moontlike finansiële verliese, verliese aan markaandeel, onderbrekings in verskaffingskettings, identiteitsdiefstal of die diefstal van sensitiewe inligting, ’n verlies aan jou handelsmerk se reputasie of kliënte vertroue en dit kan selfs tot boetes en regsgedinge aanleiding gee,” het hy gesê.

AANVALLE WêRELDWYD

Jain sê die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) sê kuberaanvalle wat die organisasie teiken, het in April vanjaar vyfvoudig toegeneem, met sowat 450 van hul e-pos-adresse waarvan die wagwoorde uitgevis is. Twitter is ook onlangs aangeval en hoë profiel-persoonlikhede in Amerika is geraak, wat insluit die van Barack Obama, Elon Musk, Joseph Biden en Bill Gates.

’n Kuberaanval in 2017 op die verskepingsreus Maersk het die organisasie ook meer as US$200 miljoen gekos.

Jain het vertel data is ook by van een van die wêreld se grootste hotelgroepe - Marriott – gesteel en meer as 5,2 miljoen hotelgaste se data is uitgelek. Net in Julie is promo.com, dave.com, Scentbird.com, Vakinha.com.br en Swvl aangeval.

Jain meen wêreldwye besteding op kubersekuriteit sal na verwagting US$134 miljard teen 2022 beloop, terwyl jou persoonlike inligting (kredietkaartbesonderhede en ander rekeninge) vir so min as US$0,20 verkoop word.

Hy het ook intydse kaarte gewys wat aandui dat kuberaanvalle tans hoogty vier.

TIPE AANVALLE

Jain het verduidelik daar is talle maniere hoe kuberaanvalle gekoördineer word.

Dit sluit in die gebruik van skadelike sagteware en phishing, ofte wel uitvissingsboodskappe, wat behels die ontvang van bedrieglike kommunikasie van skynbaar betroubare partye wat jou probeer kry om persoonlike inligting, soos jou debiet- of kredietkaartbesonderhede, bekend te maak. Jain sê hiervoor word daar dikwels van gekloonde webwerwe gebruik gemaak.

Wagwoorde word ook dikwels aangeval. “Dié aanvalle gaan oor menslike foute, mense gebruik te eenvoudige wagwoorde wat maklik vir kuberkrakers is om te ontsyfer. Dit sluit in om jou naam, van of selfoonnommer in ’n wagwoord te gebruik. Die ideaal is om ‘n kombinasie van simbole, syfers, klein- en hoofletters te gebruik,” sê Jain.

“Nog ’n aanval behels verspreide diensweiering (DDOS). In so n geval word ’n rekenaar of bediener deur blootgestelde toestelle gebombardeer dat die netwerk eindelik ineensort.

“Die man in die middel-aanval, behels ’n derde party wat data manipuleer of ‘afluister’ wat tussen twee partye gestuur word – iets wat byvoorbeeld kan gebeur waar onveilige openbare Wi-Fi-netwerke gebruik word,” het Jain gesê.

“Dikwels as jy sommer net enige toeps aflaai, laai jy onwetend ook skadelike sagteware af. Die sagteware kan op jou spioeneer of jou toestal kaap.

“Valse advertensies is nog ’n manier om kuberaanvalle te begin.

“Mense kliek daarop en word dan na skadelike webwerwe gelei. Dit gebeur ook wanneer jy kliek om byvoorbeeld musiek af te laai, maar in plaas daarvan dat dit begin aflaai, word jy na ’n ander webwerf geneem,” sê Jain.

“Soms word misleidende sagteware ingespan. Dikwels sal dié sagteware in ’n opspringboodskap sê daar is ’n virus op jou rekenaar en dat jy moet kliek om dit te verwyder. So kan jou rekenaar gekaap word of iets skadeliks aflaai.”

Hy het ook gesê mense moet lugtig wees vir gratis weergawes van antivirusprogramme en liewer gelisensieerdes koop. “Dit omdat sommige hiervan ook byvoorbeeld valslik sê daar is ’n virus op jou toestel en vra of dit jou toestel kan skandeer. Gewoonlik moet jy dan jou gebruikersnaam en wagwoord invul, onwetend dat jy so aan die sagteware die reg gee om sagteware op jou rekenaar te installeer.

Hy waarsku mense teen die gebruik van enige toeps en om sommer hul persoonlike inligting op sosiale media te deel.

Hy meen met die wêreld se toetrede tot die vierde nywerheidsrevolusie sal dié kwessies belangriker raak.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.70/OZ DOWN -0.0016 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.78% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.96/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 902.51/OZ DOWN -0.0081 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.70/OZ DOWN -0.0016 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.78% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.96/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 902.51/OZ DOWN -0.0081