Vergenoeg streef na beter buurt

Augetto Graig
Die gemeenskap van die informele nedersetting Vergenoeg op Okahandja span steeds saam in hul strewe na 'n skoon en ­higieniëse woonbuurt, ten spyte van moeilike omstandighede en 'n tekort aan basiese toerusting.

Ná 'n suksesvolle versoek deur die gemeenskapsaktivis mnr. Sethy Gariseb kon hulle 'n skenking van 160 plastiekvullissakke vanaf die Okahandja-munisipaliteit gebruik om onlangs 'n skoonmaakveldtog met sowat 30 ­gemeenskapslede te voltooi. Gariseb is veral dankbaar teenoor die munisipaliteit wat ook die hulp van twee werknemers, asook die gebruik van 'n ­vullislorrie vir die veldtog voorsien het.

Een bekommernis wat die betrokke gemeenskapslede uitwys, hou verband met die voortdurende bou van die lang muur wat die nedersetting van die toekomstige verbypad sal afbaken. Gemeenskapslede is besorg oor waar hulle hout sal versamel, en waar ablusie sal plaasvind sodra die muur die toegang heeltemal versper na die veld waar die verbypad gebou sal word.

Hulle versoek die munisipaliteit om spoedig erfnommers aan hul huise toe te ken, sodat toilette gebou kan word.

Hulle versoek ook die betrokke kragverskaffer Cenored om krag te voorsien vir straatligte en elektrisiteitstoevoer na hul wonings.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!