Vergenoeg kry nuwe waterkraan
Vergenoeg kry nuwe waterkraan

Vergenoeg kry nuwe waterkraan

Water, grond en ’n netjiese dorp is boaan die Okahandja-burgemeester se prioriteite.
Augetto Graig
Augetto Graig – Inwoners van die informele nedersetting Vergenoeg was die afgelope Saterdag baie in hul noppies toe Okahandja se burgemeester, me. Natasha Brinkman, persoonlik hul nuwe waterkrane kom open het.

Die voorafbetaalde watertoevoerstelsel is gevestig met die hulp van tussen 50 en 60 gemeenskapslede wat slote vir die installering van die pype help grawe het.

Volgens die gemeenskapswoordvoerder mnr. Sethy Gariseb is die pype vanaf Oshetu Nommer Een tot by Vergenoeg tussen 3 Maart en 9 April aangelê. Hyself het ook saans ná werksure gaan help grawe voor hy huis toe is, vertel Gariseb.

Saam met die ander sowat 200 inwoners van die nedersetting is hy baie trots op die prestasie.

Brinkman is ook al 26 jaar ’n inwoner van Okahandja en sê sy het persoonlik die munisipale werkers gewys waar om die nuwe krane op te stel.

Vergenoeg se nuwe waterpunt is deel van ’n projek om toevoer ook na die nedersettings Saamstaan, Oshetu Nommer 3 en Vyfrand te bring, sê sy. “Hierdie raad se doel is om water nader aan die mense te bring.”

Haar ander fokuspunt is grond en sy sê die dorpsraad is reeds besig om erwe in Oshetu Nommer Een, Twee en Drie te formaliseer. “Ons is amper klaar met die paaie, dus konsentreer ons nou op grond. Ons wil die nedersettings formaliseer en die inwoners die erwe gee, met die toekenning van titelaktes,” het sy gesê.

Vergenoeg se inwoners sal nog moet wag voor hulle tot by daardie fase vorder, omdat die nodige beplanning nog afgehandel moet word. Spesifiek moet grond verkry word om sommige inwoners heen te verskuif, waar dorpsbeplanning dit sou vereis, sê sy.

Volgens haar is daar 11 000 inwoners op Okahandja se waglys vir grond. “Mense moet net geduldig wees,” sê sy. Brinkman is ook vasbeslote dat die “Tuindorp” weer skoon kom. Hierdie proses is aan die gang, sê die burgemeester.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!