Vergelyking tussen presidente nie sy taak
Vergelyking tussen presidente nie sy taak

Vergelyking tussen presidente nie sy taak

Geingob beantwoord ’n verskeidenheid vrae
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn

Pres. Hage Geingob wou Woensdag geen vergelyking tref tussen die koste van sy besoek aan Amerika, wat saamgeval het met die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies se sitting in New York, en dié van sy voorgangers nie.

Hy het na afloop van ’n media­konferensie waar hy terugvoer oor die besoek aan Amerika gegee het, die media die geleentheid gebied om vrae te vra.

Hy is gevra om die sluier te lig oor hoeveel werklik bespaar is met hierdie besoek, en wat hy en sy voorgangers, oudpres. Sam Nujoma en oudpres. Hifikepunye Pohamba, se afvaardigings na soortgelyke geleenthede, belastingbetalers uit die sak gejaag het.

Hy het daarop gewys dat oudpresidente in Namibië gerespekteer word en dat hul waardigheid beskerm word. Om hierdie rede sal hy nie die kostes bekend maak nie.

Hy het in antwoord op nog ’n vraag gesê sogenaamde lewenstylouditerings word binnekort uitgevoer om vas te stel of hooggeplaastes in regeringsgeledere asook in die private sektor, nie bo hul vermoëns lewe nie.

Hy sê hy het ’n mandaat om die land vir vyf jaar volgens die Swapo-party se manifes te regeer en dat hy nie van voorneme is om elke optrede te verdedig of vrae daaroor te beantwoord nie.

Wat die geskil betref tussen Wes-Sahara en Marokko en Marokko se versoek om lid van die Afrika-unie (AU) te word, het die adjunkpremier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, gesê Namibië is dankbaar teenoor Marokko en alle ander lande se bystand en ondersteuning in die jare van die bevrydingstryd. Namibië sal egter nie Marokko se versoek om toetrede tot die Afrika-unie steun nie, omdat die land nie aan VN-resolusies rakende Wes-Sahara gehoor gee nie. ’n Referendum moet byvoorbeeld in Wes-Sahara gehou word om vas te stel of die meerderheid van die gebied se inwoners ten gunste van selfbeskikking is.

Oor pres. Robert Mugabe se aankondiging dat Afrika aan die Verenigde Nasies moet onttrek, het Geingob gesê sy opmerking is “uit frustrasie” gemaak vanweë die dralery met die hervorming van die Veiligheidsraad van die VN. Namibië is deel van ’n komitee van tien lande wat hulle vir die hervorming van die Veiligheidsraad beywer. Geingob wil hê dat Afrika twee permanente verteenwoordigers op die Veiligheidsraad moet hê.

Gevra oor die moratorium wat die tesourie op tenders geplaas het, het Geingob gesê die regering oorweeg dit om appèl aan te teken teen ’n hofuitspraak ten gunste van die tenderaars vir die nuwe lughawegebou. Geingob het vroeër ’n stokkie voor die tender gesteek, waarna die tenderaars hulle tot die hof gewend het.

Hy het ook aangedui dat meer inligting aan die lig sal kom in die hersiene begroting wat later vandeesmaand in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê sal word.

Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het op sy beurt daarop gewys dat alle tenders nie op die lange baan geskuif is nie. Slegs tenders waarvan die werksaamhede nie begin is nie, is geraak.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!