Vereniging steun Ritter se verslag oor Namport
Vereniging steun Ritter se verslag oor Namport

Vereniging steun Ritter se verslag oor Namport

Die Ekonomiese Vereniging van Namibië sê dit steun die sleutel­bevindinge in 'n verslag oor die Namport-hawe en is oortuig dit sal mettertyd korrek bewys word.
Catherine Sasman
Catherine Sasman



Die Ekonomiese Vereniging van Namibië (EAN) sê kritiek teen mnr. Rainer Ritter oor sy stellings in verband met die massiewe beleggings in die Namport-hawe is ongegrond en die analise kán op sy eie staan.

Namport het onlangs 'n verslag gekritiseer wat Ritter in opdrag van die EAN saamgestel het. In die verslag bevraagteken Ritter of die hawe in die lig van Namport se kwynende sake 'n lening van N$3,4 miljard aan die Afrika-ontwikkelingsbank sal kan terugbetaal.

Ritter het ook die meer as N$20 miljard se belegging in infrastruktuur bevraagteken wat Namibië in 'n logistieke middelpunt vir die Suider-Afrikaanse streek moet omskep.

Namport het gesê Ritter se verslag is “lasterlik” en “blatant verkeerd en wan­ingelig”.

Namport se uittredende ­uitvoerende hoof, mnr. Bisey /Uirab, het verder beweer dat vorige verslae, asook EAN-verslae, saamgestel en versprei is “sonder om Namport die geleentheid te gee om die inhoud daarvan te bevestig of konteks aan sommige van die kwessies te gee.”

Die EAN-voorsitter, mnr. Roland Brown, ontken dit.

Hy sê ondanks wat gesê is, is die verslag telkemale aan NamPort gestuur en hét hulle van tyd tot tyd daarop gereageer. Die verslag is, in konsepvorm, reeds op 30 Mei 2018, asook weer in Junie en ­Augustus verlede jaar aan hulle gestuur. Brown sê /Uirab het persoonlik op Ritter se verslag in Augustus verlede jaar ­gereageer, iets wat /Uirab dalk van vergeet het.

Brown sê die EAN steun die sleutel­bevindinge in Ritter se verslag.

“Ons is vol vertroue dat tyd ons assessering korrek sal bewys en Namport se prestasie oor die komende jare inderdaad relatief swak sal wees. Ons hoop ons is verkeerd, maar ons glo ons is reg.”

Hy sê die EAN soek nie na korttermynregverdiging nie en vra dat Namport 'n skriftelike verskoning vir die persoonlike aanval op Ritter gee.

Brown sê Ritter se verslag vorm deel van die EAN se reeks analises op groot staatsondernemings (SOE's).

“Omdat hierdie ondernemings deur die staat besit word, word dit de facto die eiendom van die Namibiese nasie. Anders as met die nasionale begroting, word hierdie ondernemings selde onder die loep geneem of in diepte geanaliseer. Daarom is dit aanneemlik en vanselfsprekend dat 'n sekere graad van openbare verantwoordbaarheid gehandhaaf moet word,” het Brown gesê.

Hy sê ondanks beweringe het Ritter se verslag niks met persoonlike verhoudinge te doen nie, maar veel eerder met die ondersoek van 'n openbare instelling.

“Dit is algemene praktyk elders in die wêreld en boonop 'n wenslike praktyk,” het Brown gesê en bygevoeg die EAN sal voortgaan om SOE's te analiseer en soortgelyke verslae op te stel, ter wille van deursigtigheid as openbare bates ter sprake kom.



PERSOONLIKE AANVALLE

Brown het die “persoonlike aard” van Namport se reaksie op Ritter se verslag betreur en gesê dit bevat gruwelike, persoonlike kritiek eerder as 'n aanval op die EAN, wat die opdrag vir die samestelling van die verslag gegee het.

“Ons dink dit is onvanpas vir 'n SOE om individue persoonlik aan te val wat 'n blik werp op die sake van 'n open­bare, entiteit - veral een wat deur die staat besit word. As beskermhere van ­openbare bates verwag ons van hierdie entiteite om meer volwasse op te tree en ook op 'n manier wat by hierdie rol pas.”

Hy sê in die EAN se analises word die dikwels ondankbare werk van SOE-­base en hul spanne nie misken nie.

“Ons evaluerings is gegrond op die oortuiging dat deursigtigheid en verantwoordbaarheid noodsaaklik is vir die toekomstige sukses en verbetering van Namibiese SOE's,” het Brown gesê.

/Uirab sê Namport volstaan by sy onlangse reaksie, maar verkies om direk eerder as deur die media met die EAN in verbinding te tree.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.70/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 88.06/BBP DOWN -0.0031 | Platinum US$ 902.52/OZ DOWN -0.0081 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.70/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 88.06/BBP DOWN -0.0031 | Platinum US$ 902.52/OZ DOWN -0.0081