Vere maak die voël by Agra se Otji-veiling

Meer as ’n honderd pappegaaie en dwergpapagaaie asook 92 stuks pluimvee, 51 duiwe, 26 vinke en 22 fisante en kwartels is tydens Agra se heel eerste veiling van eksotiese voëls op Otjiwarongo aangebied.

Agra se voël- en pluimveeveiling op 23 Junie op Otjiwarongo is kort ná die ewe suksesvolle Kekkel, Quack & Kraai-pluimveeveiling in Windhoek aangebied.

Tydens hierdie veiling by die Agra/Bank Windhoek Ring, het Agra ook vir die eerste keer ‘n verskeidenheid van onder meer eende, ganse, hoenders en kalkoene verkoop.

Die veiling op Otjiwarongop het groot belangstelling ontlok, met altesaam veertig mense wat daarvoor geregistreer het. Dit volg kort nadat Agra in

Met die afgelope veiling op Otjiwarongo was dit egter die eerste keer dat Agra ook eksotiese voëls verkoop het. Dit was veral die pluimvee en duiwe wat soos soetkoek verkoop het. Die duiwe en dwergpapegaaie (lovebirds) het vir die grootste omset op die veiling gesorg.

Agra het as agent vir Otjiwarongo se voëlklub, die Namibië Landbouvereniging (NAS), opgetree. Die klub se tesourier, mnr. Ben van der Merwe, sê hulle was baie tevrede met Agra se diens en veral die bemarking van die veiling.

Van der Merwe sê die klub hoop om in November weer so ’n veiling in samewerking met Agra aan te bied.

Nog ’n Kekkel, Quack & Kraai-pluimveeveiling word vir Donderdag 2 Augustus 2018 in Windhoek beplan. Vir meer inligting, kontak Anke Erasmus by 081 288 9310.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!