Verdagtes in restaurantroof vrygelaat

Onvoldoende bewyse

18 April 2019 | Misdaad
Otis Finck op Walvisbaai - 'n Paartjie wat Vrydag in hegtenis geneem is in verband met 'n rooftog waartydens The Raft Restaurant op Walvisbaai 'n groot bedrag geld verloor het, is Maandag uit aanhouding vrygelaat.

Staatsaanklaer Theresia Hafeni het die polisie beveel om weens 'n gebrek aan voldoende bewyse die saak verder te ondersoek.

Die vrou is deur klagte van meineed, roof en huisbraak in die gesig gestaar, en haar man deur dié van roof en huisbraak.

Daar is geen bekentenisse gemaak nie. Waarskuwingsbevele wat ingedien is, dui aan die twee verdagtes het verkies om hul swygreg uit te oefen. Indien onafhanklike bewyse verkry kan word, sal die saak op die hofrol geplaas word. Die ondersoek duur dus voort.

Die Erongostreek se koördineerder van misdaadondersoeke, adj.komm. Erastus Iikuyu, het aanvanklik bevestig die polisie ondersoek 'n rooftog wat verlede Dinsdag omstreeks 13:00 op die hoek van 7de Weg en Theo-Ben Gurirabstraat op Walvisbaai plaasgevind het.

“'n Onbekende verdagte het glo die ruit aan die passasierskant van 'n motor gebreek en 'n handsak met N$56 238 in van die passasiersitplek gegryp. Hy het in 'n taxi gespring en van die toneel gevlug.”

Iikuyu het gesê die gesteelde geld behoort aan The Raft Restaurant, wat by 'n bank inbetaal moes word.

“Niks is teruggevind nie en niemand is in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort om die taxi en die verdagte op te spoor,” het Iikuyu gesê.

Videomateriaal is ingedien van 'n man met 'n masker op wat 'n motorruit breek.

Die inbraak by die restaurant is deur vier individue gepleeg wat ook maskers gedra het.

In die waarskuwingsbevel teen die vrou was geen aanduidings dat sy betrokke by die misdaad was nie, asook geen ander bewyse om dit te staaf nie.

In ’n gewysigde misdaadverslag wat verlede Dinsdag vrygestel is, het Iikuyu gesê die vrou sal van meineed aangekla word, aangesien sy onder eed valslik verklaar het sy is beroof.

Sy is gevolglik Vrydag vir roof in hegtenis geneem en later die dag saam met haar man aangekla. Sy is ook van huisbraak met die doel om te steel en te roof aangekla.

Volgens Iikuyu het die vrou glo by die kantoorvenster van die restaurant ingebreek en 'n kluis met N$6 000, asook twee besigheidslêers daarin sonder die toestemming van die eienaar verwyder.

“Slegs een lêer is teruggevind. Ondersoeke duur voort om die ander verdagtes en ander gesteelde items op te spoor.”

Soortgelyk

 

Houtskoolbedryf sien enorme groei

13 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh op Otjiwarongo - Die Namibiese houtskoolbedryf het 'n "ontploffing in houtskoolproduksie" die afgelope jaar ervaar en 'n groei van 33% in een jaar...

Lodge, besigheid beroof – sewe vas

1 dag gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Sewe verdagtes was gister reeds agter tralies nadat hulle by twee verskillende inbrake in die Omahekestreek betrokke was. Een van die inbrake...

Tolpaaie dalk op pad

1 dag gelede | Vervoer

font face="Verdana" >Catherine Sasman - Die Padfondsadministrasie (RFA) beoog om die lewensvatbaarheid van tolpaaie in Namibië te ondersoek.Dít as ’n moontlike bykomende bron...

Grondwet praat jou taal

1 dag gelede | Howe

Denver Kisting – Dit is belangrik dat die oppergesag van die land, die Grondwet, toeganklik is vir Jan en San Alleman.Alle wette in Namibië is...

Agterstallige pos glo nie NamPost se skuld

1 dag gelede | Ministeries

Catherine Sasman – Volgens NamPost is die agterstand in die aflewering van pos en pakkies nie sy skuld nie, maar wel die Suid-Afrikaanse Internasionale possentrum...

Weer vir 9 Augustus

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide, maar baie tot bloedig warm in die Noorde.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm met miskolle in...

Nou aan die gang

1 dag gelede | Kuns en vermaak

» Vanaand is die immergewilde Windhoek City Market weer in die hoofstad. Geniet ’n onbeperkte vonkelwynproe van verskeie wynkelders uit Suid-Afrika se produkte. Dié mark...

Klei en keramiek by negende biënnale

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die Pottebakkersvereniging van Namibië (PAN) se 9de Keramiek Biënnale word eersdaags by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) aangebied sal word. Die geleentheid is die...

N$150 miljoen vir landskapbestuur

1 dag gelede | Ministeries

Die ministerie van die omgewing en toerisme en die Nasionale Beplanningskommissie van Namibië het Woensdag ’n ooreenkoms met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) onderteken,...