Verdagte ontsnap by Usakos

17 April 2018 | Misdaad
Denver Kisting - 'n Man (21) wat weens beweerde geslagsgebaseerde geweld by die polisiekantoor op Usakos in aanhouding was, het ontsnap.

Adj.komm. Erastus Iikuyu, ­koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, het gister­oggend aan Republikein gesê mnr. ­Natangwe Daniel is steeds op vrye voet nadat hy Saterdag op die vlug geslaan het.

“Ons het hom nog nie weer in hegtenis geneem nie. Ons soek hom nog.”

Die voorval het omstreeks 11:00 plaasgevind terwyl die aangehoudenes met kos bedien is.

Volgens Iikuyu is Daniel se minnares intussen na 'n veilige hawe geneem sedert die nuus oor sy ontsnapping rugbaar geword het.

Tydens die beweerde voorval op 'n plaas in die Usakos-omgewing, waarvoor Daniel in aanhouding beland het, het hy glo gedreig om sy meisie aan te rand, sê Iikuyu.

'n Saak in daardie verband is verlede naweek by die polisie aanhangig gemaak.

Volgens die senior polisiebeampte is dit onseker of Daniel dalk reeds die Usakos-distrik verlaat het.

“Dit is moeilik om te sê.”

Soortgelyk

 

Hage kuier by prins William

5 ure gelede | Regering

Denver Kisting - President Hage Geingob het vanoggend die hertog van Cambridge, prins William, in Engeland ontmoet. Lees môre die volledige berig in Republikein....

Vrou van Rehoboth sterf in ongeluk

7 ure gelede | Ongelukke

Die 47-jarige Regina Alberta Johannes het Dinsdag in ’n ongeluk op die Rehoboth-Kalkrandpad gesterf. Volgens die polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Hardapstreek het...

Inbrekers steel derduisende by SKW

8 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Kommissaris Silvanus Nghishidimbwa, die polisie se bevelvoerder in die Khomasstreek, het bevestig diewe het Maandag N$220 000 in kontant by SKW in...

Kitsvloed eis ma en kleuter

21 ure gelede |

Henriette Lamprecht – ’n Kitsvloed in ’n informele nedersetting in Windhoek het Maandag die lewe van ’n ma en haar kleuterseun geëis nadat dit die...

Geliefde dokter verdrink in see by Kleinmond

21 ure gelede | Mense

Henriette Lamprecht 'n Geliefde dokter wat vir jare as ortopediese chirurg in Windhoek werksaam was, is die naweek op 'n gewilde vakansiedorp in die...

Tsumeb-gemeenskap ruk op oor polisiebaas

21 ure gelede | Misdaad

Catherine SasmanInwoners van Tsumeb het 'n emosionele betoging voor die polisiekantoor op die dorp gehou om te eis dat hoofinsp. Bernhard Nghuulivali 'n regverdige verhoor...

Pendelaars ure lank in verkeer vasgekeer

21 ure gelede | Misdaad

Tanja Bause - Verkeer op die hoofpad tussen Rehoboth en Windhoek is gisteroggend erg ontwrig toe ’n vragmotor en ’n bakkie in ’n kop-teen-kop-botsing betrokke...

Vermeende olifantstroper doodgeskiet

21 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - 'n Vermeende olifantstroper is Saterdag in die Bwabwata Nasionale Park doodgeskiet en sy makkers het in hul vlugtog glo olifanttande, gewere en...

Namibië bekommerd oor Sirië

21 ure gelede | Ministeries

Die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, het namens die regering diepe kommer oor die jongste verwikkelinge in...