Verdagte in diefstal gesoek
Verdagte in diefstal gesoek

Verdagte in diefstal gesoek

Tanja Bause
Tanja Bause

Die kommissaris van die Namibiese polisie in die Erongostreek, komm. Andreas Nelumbu, vra die publiek om hulp om mnr. Valombola Matheus (30) op te spoor.

Hy word in verband met diefstal van N$52 712 gesoek.

Valombola, wat ’n werknemer van Shilimela Security Company op Walvisbaai is, was na bewering veronderstel om saam met ’n medewerker die geld by Bank Windhoek op Swakopmund in te betaal. By die bank het Valombola glo die houer met die geld uit die voertuig geneem en na die bank toe gestap. Hy het na bewering met die geld verdwyn terwyl die mede­werker in die voertuig gewag het.

Valombela is van die Onanke-­nedersetting in die Oshikotostreek.

Enigiemand met inligting oor waar hy hom bevind, kan hoofinsp. Erastus Iikuyu by 081 246 4757 of speurder Etson Gariseb by 081 203 1180 skakel.

Saterdag het drie gewapende mans die Marina Toyota-diensstasie op Otjiwarongo binnegestorm en die kliënte en werkers beroof. Hulle het met N$20 000 ontsnap en is nog op vrye voet. Die polisie-ondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!