Verbygangers help lewens red
Motoriste het oor die Paasnaweek nie geskroom om hulp by ongelukstonele te verleen nie.
Augetto Graig - Die B1-hoofweg tussen Otjiwarongo en Okahandja het Vrydagoggend die eerste padslagoffer van die Paasnaweek, mnr. Titus Makili (51), geëis.
Verbygangers het die ander insittendes van die dubbelkajuitbakkie waarin hy 'n passasier was, se lewens gered.
Die bestuurder (47) van die bakkie het sowat 61 km suid van Otjiwarongo omgeslaan nadat sy vermoedelik beheer daaroor verloor, dit vyf keer omgeslaan en aan die brand geslaan het.
"Die oorledene het doodgebrand," het speurinspekteur Ursula Mulongwane van die Namibiese polisie op die ongelukstoneel aan Nampa gesê.
Die koördineerder van misdaadondersoeke in Otjozondjupa, adj.komm. Naukalemo Andreas, het later bevestig “die voertuig het in vlamme uitgebars en Makili het onherkenbaar verbrand”.
Volgens Mulongwane was daar ses insittendes in die bakkie. Die ander vyf het die ongeluk, wat omstreeks 08:25 plaasgevind het, oorleef nadat hulle uit die bakkie gered is deur motoriste wat verby gery het.
Die oorlewendes sluit kinders ('n 8- en 14-jarige, asook twee 12-jariges) en die bestuurder in. Hulle het ligte tot ernstige beserings opgedoen en is in die staatshospitaal op Otjiwarongo opgeneem.
Die polisieondersoek duur voort en 'n klag van strafbare manslag is teen die bestuurder aanhangig gemaak.
Waaksame motoriste was ook betrokke ná die ongeluk waarin die 44-jarige mnr. Duncan McNab van Walvisbaai omgekom het. Die wrak van sy sedanvoertuig is Sondag om 07:00 tussen Karibib en Usakos deur reisigers opgemerk, waarna die polisie ingelig is.
“McNab was die enigste insittende van die voertuig en het op die toneel gesterf. Dit word vermoed dat hy beheer oor die voertuig verloor het waarna dit langs die pad gerol het,” het die koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, gesê.
Volgens die West Coast Safety Initiative het die Namibiese Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) Vrydagmiddag ook 'n ongeluk aangemeld wat naby die Swakopmund-padblokkade op die grondpad langs die B2-hoofweg gebeur het.
“Die bestuurder het glo beheer oor die sedan verloor waarna die voertuig op sy dak beland het. Vier insittendes is beseer en het op die toneel mediese hulp ontvang.
'n Woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, het gister gesê ’n volledige verslag van ongelukke tydens die Paasnaweek sal binnekort uitgereik word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie